Menslike fout lei tot twee treine wat bots

Foto: Untu

Twee treine, wat albei toestemming gehad het om op dieselfde roete te wees, blyk die oorsaak te wees van ʼn ongeluk Dinsdagoggend waartydens meer as 112 pendelaars beseer is.

Steve Harris, algemene sekretaris van die United National Transport Union (Untu), het gesê een van die treine was van Booysens-stasie op pad en die ander het van Faraday-stasie gekom. “Albei treine het magtiging gehad om op die roete te wees.”

Maroela Media het vroeër berig die twee treine het by die Eloff-verlengstuk in Selby, Johannesburg, gebots. Albei treine het pendelaars vervoer. Een van die waens het ontspoor.

“Dié tragiese voorval volg net ʼn paar dae ná Untu aangedui het die vakbond is besorg oor die besluit van die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) om ʼn eenjaarveiligheidspermit aan die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) uit te reik om die land se treine tot 31 Julie 2019 te bedryf.

“Prasa, die operateur van Metrorail se treine, se veiligheidspermit sou om middernag op 31 Augustus 2018 verstryk het. Untu se herhaaldelike waarskuwings dat Prasa ʼn tikkende tydbom is wat doodsmasjiene bestuur weens sy onvermoë om misdaad en vandalisme hok te slaan, sy onvermoë om behoorlike instandhouding te doen en versuim om spaar onderdele aan te skaf, het op dowe ore geval.

“Die armstes van die armes, die pendelaars wat van dié treine gebruik maak, moet weet dat meer as 50% van Prasa se treine landswyd handgedrewe bedryf word, omdat die sinjaalstelsel nie werk nie,” het Harris gesê.

Wanneer treine handgedrewe toestemming het om op ʼn spesifieke roete te wees, word hulle blootgestel aan menslike foute, soos wat vanoggend gebeur het toe twee treine op dieselfde roete gebots het, het Harris gesê.

Handgedrewe toestemming is ook die oorsaak van die Elandsfontein-ongeluk op 1 Junie 2017 waartydens een pendelaar dood is en 55 beseer is toe twee treine gebots het, en die Geldenhuys-treinongeluk op 9 Januarie 2018 toe twee treine gebots en meer as 200 pendelaars beseer is.

“Genoeg is genoeg. Die RSR en Prasa is aanspreeklik en moet verantwoordbaar gehou word deur die regering vir hul roekelose gedrag,” het Harris bygevoeg.

Thulas Nxesi, waarnemende minister van vervoer, het Dinsdag die RSR en Prasa opdrag gegee om die ondersoek oor die ongeluk te bespoedig. Hy het Prasa ook versoek om dringend alle bestaande sinjaalstelsels te vervang om seker te maak veiligheidsmaatreëls word gestandaardiseer.

Metrorail het vroeër bevestig 112 pendelaars, meeste sonder geldige treinkaartjies, het geringe beserings opgedoen. Sewe het ernstige, maar nie kritieke beserings nie, opgedoen. Hulle ontvang behandeling by vier plaaslike hospitale ná die ongeluk. “Metrorail-trein 9708 van Faraday op pad na New Canada het Naledi Jikeleza-trein 9949 omstreeks 07:10 reg van voor getref,” het Goodman Matampi, waarnemende Gautengse bestuurder van Metrorail, gesê. Vier van die bemanningslede ontvang ook mediese behandeling en sielkundige berading. Hy het ook bevestig die treine het handgedrewe toestemming gehad.

“Die oorsaak van die ongeluk word tans deur Metrorail ondersoek. Volledige inligting sal binnekort vrygestel word.”

Busse is gebruik om pendelaars met geldige treinkaartjies tussen New Canada en George Goch via Booysens-stasie te vervoer.

Die koste-impak en omvang van die skade word nog bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eish ·

” Albei het magtiging gehad om op die roete te wees.”
” 112 pendelaars, meeste sonder geldige treinkaartjies…”
Absolute skadalige nalatigheid. Dit terwyl biljoene soos strome van seën by Prasa uitvloei weens korrupsie.

Pieter ·

Sekerlik die wat soos vinke aan die kant hang en op die dakke “surf”.

Varkie ·

Ek die gautrein ook al dop gehou, hulle gebruik dieselfde kant se spoor op plekke vir heen en weer, as elke rigting sy eie spoor het dan sal dit mos nie gebeur, maar nou ry albei rigtings se treine ook altyd op dieselfde kant se spoor dan kry dit mos ‘wear and tear” meer as die ander kant? Dan wonder hulle hoekom breek dit gereeld?

LB S ·

Ek wil nie eers dink wat sal gebeur as die Gautrein op daai hoë spoed ‘n ongeluk kry nie.

IK ·

Die eerste treinspoor is in 1830 in Engeland in gebruik geneem. Alweer ‘n kolonistiese ding wat Afrika toe gekom het. Ek stel voor dat óók dit verban moet word.

Vra maar net ·

Hkm hulle behandel as hulle nie geldige kaarrjies gehad het nie.?

Rooi Jan ·

Dit begin regtig lyk of Suid Afrika of dan Azania beter af sal wees sonder alle kolonialistiese uitvindsels soos motors, treine, vuurwapens, elektrisiteit ensomeer. Want die mense van ons land het nog nie aangepas by die kompleksiteit van hierdie uitvindsels nie.

lolla ·

ja nee ,…ek wonder of die menslike foute van die koloniste kom of regstellend is….. want dit klink nie iemand bevoegd het die besluite geneem nie….

bgj van der westhuizen ·

so val alles uit mekaar wand die mense wat die werk doen word volgens kleur en party aan gestel

christa ·

ek hoop die “menslike” fout moet teen op getree word. Dis onverantwoordelikheid en moet van die pos onthef word. Hy/sy het ander mense se lewens in hul hand en dit kan nie weer gebeur nie.

honourable member ·

Dis niks nuus nie. Hierdie mense se onbekwaanheid word daagliks bewys in die werkplek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.