‘Menslike fout’ rede dat jagluiperd 3-jarige doodbyt

Argieffoto van 'n jagluiperd (Foto aan Maroela Media verskaf deur Dinokeng)

Argieffoto van ‘n jagluiperd (Foto aan Maroela Media verskaf deur Dinokeng)

Die bekende Suid-Afrikaanse natuurbewaarder, John Varty, het Maandag gesê die jagluiperdaanval die afgelope naweek, wat tot die dood van ʼn driejarige seuntjie gelei het, is deur ʼn menslike fout veroorsaak.

Die jagluiperd het ʼn werker, Jacob Pieterse, se seun Saterdagoggend op Varty se plaas, Tiger Canyons, naby Philippolis in die Vrystaat aangeval. Die kleuter het ernstige beserings aan sy kop en nek opgedoen en is per helikopter na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem. Hy is egter met sy aankoms daar breindood verklaar.

Varty het Maandag op sy Facebook-profiel gesê ʼn groot hoeveelheid drank is Vrydagaand by die werkers se woongebied op die plaas ingesmokkel en iemand het die hek na die huise oopgelos. Die jagluiperd het Saterdagoggend by die oop hek ingekom.

“Die kind moes nie daar gewees het nie. Hy bly in ʼn ander woongebied,” het Varty gesê. “Sy ma het nie opgelet nie. Sy het haar driejarige seun sonder toesig buite die huis laat speel. Die jagluiperdmannetjie het die kind aangeval en ernstige beserings aan sy kop en nek veroorsaak.”

Volgens Varty het ʼn dokter in Philippolis reeds gesê die seuntjie se kans op oorlewing is skraal, maar hy [Varty] het nogtans betaal om die kind per helikopter na ʼn hospitaal in Bloemfontein te neem.

“Niks sal met die jagluiperd gebeur nie. Die foute wat gemaak is, was menslik,” het hy gesê.

“ʼn Elektriese heining van 2,4m hoog sal om die huise opgerig word. Alle vroue en kinders is verwyder. My innige medelye gaan uit na die ouers van die kind, Jacob en Sophie Pieterse. Op die ou end is ek verantwoordelik vir my werkers se optrede en ek neem volle verantwoordelikheid.”

Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is begin. “Ons kyk onder meer na die plaas en die heinings as deel van ons ondersoek. Indien bevind word dat enigiemand aanspreeklik gehou kan word vir die kind se dood, sal ʼn aanklag ingedien gemaak word. Maar vir nou doen ons slegs ʼn geregtelike doodsondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet Pompies ·

Ek kan geboorte gee aan ‘n otter oor drankmisbruik, dit is jammer dat ‘n kind die duurste prys moes betaal.
Oorkant my woon mense wat omtrent elke naweek ‘n sklipadbraai hou, daar is meer dop as vleis. Vrydagaand was dit weer so, tot na middernag tot ‘n vroue stem met groot angs gil en daar doodse stilte is. ‘n Sekerheidsbeampte het met spoed opgedaag met sy voertuig, die ligte flikker helder en ‘n baba skreeu. Die saak is ondersoek en na ‘n uur was dit doodstil.
Saterdag en Sondag het geen mens uit die huis geroer, die huismoles is seker vars in die verdrinkte verstande. Hierdie was die hoogtepunt en ek hoop die laaste, ek voel net jammer vir die kinders in die waarvan een nog ‘n baba is.

Andrea ·

Sterkte mnr Varty. baie dankbaar jy maak nie die onskuldige dier van kant nie.
Sterkte an die ouers. Jammer vir die ou seuntjie, dit moes vreesaanjaend gewees het.

Daan Erasmus ·

Ek het self ‘n plaaswerker met ‘n drank probleem. Betroubaar in die week en ‘n gevaar vir die samelewing op ‘n naweek. Ek kan nie verantwoordelik gehou word vir als wat hy verkeerd doen op ‘n naweek nie.

Ekke ·

Het ook groot geword in n huis waar meer drank as kos was. Dit het n ewige letsel gelos. Die rusies wat daarmee gepaardgaan het my selfvertroue, studies en verhoudinge verpletter. Vandag se my ouers net ruk jou reg dit gebeur in elke huis. Luister mooi ouers… Jou kind volg JOU lewe.

So waar ·

Ekke, baie sterkte in jou lewe, ek wil jou met ietsie klein help, jy het al die verkeerd gesien, staan op leer daaruit en sorg dat jou kinders nooit daardeur gaan nie, ek het!!!! Jy is egter reg as dit al is wat mens sien is die kanse groot dat jy dit sal volg, maar staan op, die sukses is fantasties en dit is sooo bereikbaar vir jou, want ons moes soms baie harder werk, baie meer drama neem en baie baie verleenthede oorkom. Jy kan as jy wil!!!!

Griki ·

Ek het baie tyd en respek vir John Varty. Net net is hy ‘n groot diereliefhebber, -kenner en
-bewaarder nie, hy het ook ‘n verantwoordelikheidsin wat vir niks terugstaan nie en, vermoed ek, ‘n hart so groot soos die Heer se genade.

So waar ·

John Varty ken jou nie, maar jy tree absoluut reg op en ek het respek vir jou!!!!

realis ·

Miskien moet ek my skuilnaam verander na Nostradamus want ek het ‘n duidelike visie oor wat hier gaan gebeur.
1.Die luiperd gaan van kant gemaak word. (dis ‘n ondier)
2. Varty gaan vervolg word vir nalatigheid omdat hy nie voorsiening maak vir hekke wat self toemaak nie. (jy weet, daai soort met die “springs” aan)
3.Varty gaan vervolg word omdat hy dronkpartytjies op sy perseel toelaat. (ter wille van die werkers as aansporing)
4.Varty gaan vervolg word vir die dood van die seun. (jammer dit het gebeur.)
5.Varty gaan met ‘n klomp geld beboet word vir die trauma van verlies waardeur die arme familie moet gaan. ( neutraliseer onreg deur te betaal)
6.Die berig gaan aan die groot klok gehang word vir negatiewe publisiteit oor die rol van werkgewers ten opsigte van die behandeling van werkers. (Facebook, hier kom groot nuus)

Oupa ·

Ek kan nie se dat die ouers nalatig was nie, maar ek dink aan hulle ook indie moeilike tyd. Dit is nie maklik om n kind te verloor nie.

Fiki ·

Peuter met die natuur…die mens is die oorsaak van als wat verkeerd gaan

Hayley van Deventer ·

Die foto op julle artikel lyk vir my soos ‘n cheetah, nie jagluiperd nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Hayley

Dankie vir jou terugvoer. Ek vermoed jy verwys dalk na ‘n luiperd, en nie ‘n jagluiperd nie. ‘n Luiperd se kolle lyk inderdaad anders as ‘n jagluiperd (“cheetah”) s’n. ‘n Jagluiperd en ‘n cheetah is egter dieselfde dier.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

SARIE VAN HEERDEN ·

Mnr Varty is met reg een van die heelbekendste mense in sy beroep in Suid-Afrika. Om hom verantwoordelik te hou vir nalatigheid van ander sou krimineel wees. Sekerlik gaan die ouers deur ‘n moeilike tyd as hul gewete dalk met hul speel omdat hul dalk nie die kind na behore beskerm het teen ENIGIETS wat met ‘n 3 jarige kan gebeur. Klein kindertjies moet deurentyd onder toesig doen wat hul ookal doen.

M ·

Oupa ek stem saam jou.

Ek lees dalk verkeerd, al was die ouers nalatig en die kind nie waar hy hoort nie, as die heinings en hekke aan standaarde voldoen het om wild te hou waar dit hoort het ‘n onskuldige kind nie sy lewe verloor nie.

Skuldig / onskuldig – gaan nie die kind terugbring nie.

Dalk sal die plaas na die kind se dood wilde diere hou waar hul hoort en nie nog kinders hul lewens verloor nie.

Alle vroue en kinders is verwyder? Waarnatoe? Byt diere net kinders en vrouens? Nie dronk mans nie?

Wonder hoe almal sou voel as dit JUL seun was.

M ·

Varty laat dit so sleg klink dat hy nou onnodig vir n helikopter moes betaal – die kind se kanse was skraal sê hy – maak dit saak? Sou jy wou gehad het iemand moes jou kind per helikopter hospitaal toe vat al kon jy sien die kind se kanse is skraal?

Pleks het jy van die begin geld spandeer op elektriese heinings en hekke wat self toemaak.

Geen geld kan daai seuntjie vir sy ouers terugbring nie.

Wonder wie was nalatig.

Theresa ·

Sjoe! Eintlik moes die kindjie nie daar gespeel het nie. PUNT.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.