Menslike oorskot in vlak graf gevind in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het gesê menslike oorskot, vermoedelik dié van ʼn vrou en ʼn kind, is in ʼn vlak graf gevind.

Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorskot is Vrydag gevind by Ikageng in Klipgat nadat twee mans ʼn fondament gegrawe het om ʼn plakkershut op te rig.

“Die polisie en forensiese antropoloë bly die toneel besoek vir verdere opgrawings en forensiese ontleding,” het Molale gesê.

Volgens Molale sal die oorskot ontleed word om te bepaal of dit aan ʼn vrou en kind behoort wat op die eiendom gewoon het en in 2012 as vermis aangemeld is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die ondersoek gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Ek sien jul het my kommentaar verwyder, ook seker bang vir die tokoloshi, eish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.