Menslike oorskot op berg gevind

Argieffoto

Die polisie van Zaaiplaas in Limpopo het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat menslike oorskot op die Masoing-berg in dié provinsie gevind is.

Kapt. Manong Tshehla, woordvoerder van die polisie, sê ʼn veewagter wat glo op soek was na sy beeste het dié gru-vonds gemaak.

Volgens Tshehla kon die polisie nog nie daarin slaag om die liggaam van die man of sy naasbestaandes te identifiseer nie.

Die man is volgens kundiges waarskynlik al drie maande dood.

“Die oorledene, ʼn man met grys hare, het ʼn geel en blou T-hemp en ʼn kakiebroek gedra,” sê hy.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat meer inligting oor die man het om vorendag te kom en om sodoende sy familie in kennis te stel. Diegene met meer inligting kan die Zaaiplaas-polisie by 013 263 9400 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Arrie ·

Is dit dan nou so verskriklik verkeerd om te sê wat is die kleur van die persoon. Dit kan mos net help met die ondersoek.

S ·

Arrie, na 3 maande dood is bietjie meer as ‘n velkleur nodig om die persoon te identifiseer, dit kan ek jou belowe. Forensiese toetse sal gedoen moet word!

Antoinette ·

Daar is mos laaank voor Kersfees n man wat weggeraak het wat gese het hy gaan selfmoord pleeg. Weet nie of hy al gekry is nie. Weet ook nie vanwaar is net klip in bos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.