Mentor: ‘Guptas het gereis sonder doeane-goedkeuring’

Voormalige ANC-LP Vytjie Mentor verlede jaar by haar getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency

Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, het Maandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping die rekords van binnelandse sake rakende die omstrede Gupta-broers se buitelandse reise bevraagteken.

Mentor het aangevoer die familie het soms sonder die goedkeuring van Suid-Afrika se doeane gereis.

Mentor is weer voor die Zondo-kommissie geroep om duidelikheid te gee oor sekere van die aspekte in die getuienis wat sy verlede jaar voor die kommissie gelewer het. Sy het toe aan die kommissie gesê sy het een van die Gupta-broers in Augustus 2010 ontmoet op ʼn vlug na China vir ʼn staatsbesoek en dat dié man haar ingelig het sy broer, Atul, is reeds in Beijing as deel van die regering se afvaardiging.

Adv. Mahlape Sello, die getuienisleier, het dit aan Mentor gestel dat volgens die rekords van binnelandse sake, het Atul slegs die land in Mei 2010 en toe weer in Oktober 2010 verlaat, nie in Augustus nie. Vlugrekords dui ook daarop dat Atul nie op die lys was nie. Mentor het hierop gevra of dié reisinligting slegs van een paspoort bekom is.

“Ek wil dit graag stel dat Atul verskeie paspoorte het en soos ek gesê het, ek is op ʼn Emirates-vlug deur ʼn Gupta-broer ingelig dat hy [Atul] reeds in China was. Ons weet ook nadat ʼn Gupta-vliegtuig by die Waterkloof‑lugmagbasis geland het [vir ‘n Gupta-troue in 2013], is hulle goedere nie deur doeane goedgekeur nie en kon hulle in en uit gaan sonder om deur doeane te beweeg,” het sy gesê.

Sello het aan Mentor gevra: “Sê jy dat die rekords van binnelandse sake onvolledig is?”

“Ek sê net wat ek gelees en gehoor het,” het Mentor geantwoord.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het Mentor gevra om net te antwoord met inligting wat sy self weet. Mentor het toegegee dat die rekords van binnelandse sake die amptelike inligting is vir Atul se reise in en uit die land.

Die voormalige LP het gesukkel om besonderhede van haar vroeëre getuienis te onthou. Sy het haar getuienis wat Fana Hlongwane geïmpliseer het, teruggetrek nadat sy besef het Hlongwane was nie die man wat deur Duduzane Zuma aan haar voorgestel is op ʼn vlug na Dubai in 2010 nie. Sy het Maandag weer vir Hlongwane om verskoning gevra.

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Mike Hellens, wat die Gupta-familie verteenwoordig, het vroeër versoek dat ʼn video wat geneem is tydens die kommissie se ondersoek ter plaatse by die Guptas se Saxonwold-herehuis as bewysstuk ingedien word. Die kommissie, die Guptas se regspan en Mentor was in Desember verlede jaar saam by die herehuis om duidelikheid te kry oor Mentor se getuienis dat die familie voormalige pres. Jacob Zuma en sy kabinet beheer en sodoende miljarde rande deur staatskontrakte bekom het.

Hellens het aangevoer die video toon dat Mentor se geloofwaardigheid as getuie twyfelagtig is. “Op die video kan haar gesigsuitdrukkings gesien word en hoe sy sprakeloos is en so aan… die hele video moet as bewyse ingedien word, voorsitter,” het Hellens gesê.

Mentor het beswaar aangeteken dat haar geloofwaardigheid deur die Guptas se regsverteenwoordigers aangeval word en gesê die besluit om ʼn staatskapinggetuie te word was nie maklik nie.

“Ek neem hierdie kommissie baie ernstig op. Hierdie [getuienis] eis sy tol op my. Dit was vir my moeilik om hierheen te kom. Ek wil dit net onder jou aandag bring, voorsitter, dat my geloofwaardigheid aangeval is en selfs gedurende die ter plaatse ondersoek… my regspan en ek het nog nie kans gehad om hierdie [aanvalle] aan te spreek nie.”

Zondo het gesê hy sal op ʼn gepaste tyd ʼn beslissing oor Hellens se aansoek maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Rerig? ·

As Mentor nie die ding reguit wil sê nie, sal ek sommer. Moet mens nou vir een oomblik glo dat die Dept Binnelandse Sake se rekords van reise akkuraat is? Dis belaglik. Die BBS (Bewegingsbeheer Stelsel) wat gebruik word, is met tye buite werking en word paspoorte net gestempel. Rekords vanaf die BBS is definitief nie betroubaar en akkuraat nie. Nog soveel te meer wat die Gupta kaders betref, hulle het carte blanche gehad om te konkel en te reis saam met regeringsamptenare, waarom sou doane nou kwansuis nougeset hulle reise in en uit die land aanteken? So mnr die getuienisleier, dit mag die amptelike rekord wees maar dis onbetroubaar, glo my. Ek was 27 jaar lank n ondersoeker in die SAPD waarvan die laaste jare in die Valke en weet hoe onbetroubaar BBS rekords is; ons het dit dikwels gebruik tydens ondersoeke

JohanL ·

Jaaaaaaa, Zondo.

So as ek byvoorbeeld SIEN by Waterkloof die Guptas se paspoorte word nie gestempel nie – inteendeel daar is geen doeane betrokke nie. Dan reken jy wat Zondo is, ek mag my nie daaroor uitlaat nie, omdat ek nie WEET wat Binnelandse Sake se rekords is nie? Jy reken ek mag net praat oor wat ek WEET en nie SIEN nie. Ook nie wat ek hoor nie. Ek weet ek is maar net ‘n gewone mens, maar die reg laat my soms net my kop in ongeloof skud.

Lees mooi wat ek vandag skryf op MM – die ANC hogeres gaan wegkom met geen straf na hierdie Zondo kommissie se ondersoek. Net Bosasa amptenare gaan vervolg word.

Sanet ·

Zondo is geldmors+tydmors…daar gaan niks van kom in korrupte gummy bear land
Liewe heksie se besemstokvlugte is meer betroubaar as BBS sin!!!!

Johan H. ·

JohanL,ek stem saam, en dit opsig self is ook korrup. DIE HELE KAINET SE DIEWE MOET VAN HOOGVERRAAD AANGEKLA WORD. Sodat die burgers kan sien nie monopolie is ernstig,anders sal dit nooiet beter gaan nie!!!!!!!!!

Spike ·

Ek dink nie sa besef regtig in watse gemors is ons agv ondevoegdheid nie. Danksy die comrades en kaders.

Elsa ·

Beter jy dan begin bid Johan, geregtigheid sal geskied..Guptas sal prys betaal van wat hul gedoen het en so elkeen betrokke.
Waarheid sal wen…hou op negatiewe woorde uiter

Ellisras ·

En met Arthur Frazier in die prentjie is enige iets moontlik. Die Amptelike rekords is onbetroubaar.

Lemoentjie ·

Ek love Vytjie, sy praat gewoonlik die waarheid, en is nie bang om mense se korrupsie uit te wys nie maar ek moet se sy is REGTIG nie ‘n goeie getuie nie, die vorige keer sowel as nou is daar ‘n paar vra wat sy met “kan nie onthou nie” beantwoord en ‘n paar wat nie geverifieer kan word nie .. erens moet iemand haar ‘n bietjie opleiding gee, want as jy twyfel is jou saak verloor.

John ·

Dis duidelik dat Vytjie se getuienis as verdag bewys wil word. Die geboue en hoe dit gelyk het… Sy was nie op ‘n geheimedienssending toe sy vir die eerste keer by die Guptas se paleis opgedaag het nie. Nou moet sy elke bossie en boompie beskryf 9 jaar later. Ondervraging sonder ‘n prokureur is ook baie verdag… dit word nou ‘n hof en nie ‘n blote kommissie nie. Daar is ‘n lyn… Hier kom subtiele klankie na vore… die Z-handjie dirigeer…

Mango'tjie ·

Arme Vytjie, ek weet sy bedoel goed en sal nie n leuen vertel nie! Ek hou niks van die vrou wat haar aankla nie, daardie hovaardige glimlag van haar staan my glad nie aan nie!

Michael ·

Waar is ou sixspens broodtjie het hy dan nie al die gemors begin nie hoekom is hy nog nie voor die Zondo partytjie geroep nie.

jojann ·

Omdat ek baie lank by die lughawe gewerk her, kan ek julle net inlig dat die Guptas nie die gewone lyne by die lughawe gebruik het nie, hulle is deur protocol gehelp en daar doen hulle dit gereeld, jy hoef nie in en uit te gaan met jou passpoort nie, jy is van die politieke protocol (krimenele) wat jou help in en uit SA gaan sonder die nodig stappe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.