Merafong se skuld ‘buite beheer’, sê DA

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gewaarsku dat water- en kragtoevoer na inwoners in Merafong-munisipaliteit (Carletonville) in Gauteng “binnekort” afgeskakel kan word, as gevolg van skuld aan Rand Water en Eskom wat “buite beheer” is.

Die munisipaliteit het verlede maand ʼn kennisgewing ontvang dat beurtkrag ingestel kan word, omdat ʼn betaling nie aan Eskom gedoen is nie. “Gegewe die erns van die probleem, het die raad van die munisipaliteit, onder beheer van die ANC, vinnig ʼn betaling aan die kragvoorsiener gemaak voor dat die kragtoevoer afgesny is,” het Ina Cilliers, DA-LP in Gauteng, gesê.

Teen die einde van Julie 2017 het die munisipaliteit R129 miljoen aan Eskom geskuld. Dit staan nou op R154 miljoen, ondanks ʼn betaling om die ligte aangeskakel te hou. Teen die einde van Julie het die munisipaliteit Rand Water R50 miljoen geskuld en dit het nou tot R60 miljoen verhoog.

“Dit is duidelik dat Merafong maandeliks meer geld spandeer as die inkomste wat hy verdien. Die DA ondersteun die Merafong-inwoners wat die risiko beloop dat hulle hul werk kan verloor of dat ondernemings hul deure sal moet sluit as gevolg van ʼn regering wat nie omgee nie,” het Cilliers bygevoeg.

Sy het gesê die DA sal eis dat die burgemeester van Merafong en Paul Mashatile, Gautengse LUR vir samewerkende regering, sal optree om dringend ʼn finansiële herstelplan vir Merafong saam te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Selfbeskikking ·

Skuld gaan maar net meer en meer raak en almal bankrot word en werk verloor onder die ANC. Die massas verstaan nie van ekonomie nie en sal altyd bly stem vir korruptes, daarom is selfbeskikking die enigste uitweg. Ons verdien ons eie land, groot gebied wat ons kan omskep in n veilige eerstewereldland. Kom ons begin daarvoor onderhandel nou!

snoefie ·

kan iemand nie ASB die anc hof toe been omdat hulle aanhou om munisipaliteite wat steel te help on meet end meer te steel nie? dit kom mos neer op medepligtigheid. as die publiek hulle elektriseteit direk by eskom kan loop kan die geld nie gesteel word nie. die munisipaliteit rn derde partye verloir wek hulle wins maar die mense van SA key Dan begenadiging. hoekom kan dit nie gebeur nie?

Phillipvan Dyk ·

ek is so omgekrap as ek dit hoor. nee man, hoekom die area se krag afsit. vat die munispaleteit hof toe en le beslag op hul goedere. elke rates betaler het hulle rekeninge betaal. hoekom moet hulle sonder krag sit. ESKOm gaan driek na die einverbruiker en gee aan hulle die rekeninge van nou af vir hulle gebruik en dan sal julle atyd julle geld kry. maak my vies.

Annie ·

Ek bly in Carletonville en die dorp en omliggende gebiede bestaan hoofsaaklik uit mynhuise. Die myne betaal getrou elke maand die munispale rekenings vir AL daardie huise. Ek moet wonder wat gaan aan, want ons dorp is vuil en daar is gedurig strome water wat in die paaie afloop. Die paaie in en om die dorp is in ‘n skrikwekkende toestand!!
Ek is geen regskenner nie, maar kan daar nie soos in die geval van Sannieshof en verskeie ander dorpe ‘n trust gestig word waarin daardie geld inbetaal word nie?

Partykeer moet stout kinders voel, voor hulle hoor….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.