Mercedes Benz kondig reusebelegging in SA aan

Pres. Cyril Ramaphosa en Markus Schäfer. Foto: ANA via Mercedes Benz.

Mercedes Benz het aangekondig dat hulle sowat R10 miljard in die uitbreiding van hul aanleg in Oos-Londen gaan belê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê dié besluit is ʼn verklaring van vertroue in die land en sy ekonomie.

Dié opgradering sal die vervaardigingspasie met sowat twee derdes vergroot vir die vervaardiging van die volgende generasie C-klas asook die GLC-sedanvoertuig.

Ramaphosa het by die bekendstelling van dié aanleg gesê Mercedes belê nou nie net in hul eie besigheid nie, maar ook in die besigheid van sy talle vervaardigers én die ontwikkeling van die infrastruktuur wat die vervaardiging en uitvoer van hul voertuie ondersteun.

“Die belegging moet ʼn duidelike teken vir beleggers reg oor die wêreld wees dat Suid-Afrika meer as in staat is om ʼn gevorderde vervaardigingsektor op ʼn winsgewende manier te volhou.”

Markus Schäfer, lid van Mercedes Benz Cars se afdelingsraad, het gesê die belegging is ʼn teken van hul toewyding aan Suid-Afrika asook hul poging om ekonomiese groei te vernuwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Snowball ·

Fantasties! Tyd dat Mercedes iets terugploeg waar hulle skep, ons weet al die honourable members soek daai blink mouters! Dis soos titelaktes – dit herstel hul menswaardigheid!

Manuela ·

Die Duitsers is ‘n baie naïewe nasie. Kyk hoeveel onwettige immigrante van afrika en die Ooste laat hulle in hul land toe. Hulle het geen idee van die chaos wat gaan volg nie.

White Rhino ·

HFC – dit was ook my eerste gedagte.
Hulle moet miskien ingelig word sou ek se sodat hulle twee keer dink.

Rupert Ashford ·

Waar woorde. Iemand staan erens agter ‘n deur met sy bruinpapiersakkie en glimlag breed…?

Hendrik UAE ·

Kan dit nie glo nie.Embahlentle Mall by Secuda gebrand en leeg gedra asook die biblioteek.Sien nie dat dit iewers as nuuswaardig ge ag word nie. Maar dis reg Mercedes,strooi julle geld in die wind.

Hendrik UAE ·

Ek vra om verskoning.sien Maroela was my een voor met Secunda se stakings waansin.

Rupert Ashford ·

Darem die groot nuwe sentrales. As almal werk sal MB se krag OK wees. Kan nie se oor die stakings nie…

Jef ·

Meer dan drie kwart van al die mense in SA kan nie n Merzedes bekostig nie en dit geld vir die res van Afrika ook.
Waar gaan hulle gekwalifiseerde mense werf ? inverstering in n geldverslinde en inmekaar gesakte infrastruktuur land waar CR nie weet wat bloeiende ekonomie beteken nie.

Theresa B ·

En julle punt is…………………………….??!!
What ever.

Colleen ·

Mal sê ek jou. Hulle sal dit binnekort berou dat so ‘n dom besluit gemaak was. Tyd dat ons bietjie op Mercedes we webtuiste ‘n klag lê en fotos van oproere aan hulle stuur. Duidelik lees niemand daar die nuus nie of lees nie koerant nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis net ‘n “reuse belegging” in Afrika terme. Gaan kyk gou bietjie wat MB se totale waarde is, en bereken dan watter persentasie van daardie besigheid word hiernatoe gestuur…..Hulle doen dit meer vir “politieke punte” op die wêreld verhoog as enige iets anders, EN hulle paai hulle gewete omdat hulle “opheffingswerk” doen. Dis dieselfde maatskappy wat verskonings aanbied en hulle advertensie kanselleer omdat daar NET blanke vrouens in was. MB? Nooit weer nie…..dankie maar nee dankie.

Rupert Ashford ·

Vertel meer oor die advertenisie? Ek weet nie daarvan nie.

Gatvol. ·

Jef.
Al die Staatsamptenare kry nou n Merc ipv n salarisverhoging.

Hendrik ·

Soos die Instituut van Rasverhoudings voorspel het is een van die senarios dat daar veilige enklawes gaan wees soos veiligheidskomplekse -, nywerhede en die res van S.A gaan eenvoudig net verval. Gewoonlik is die sekuriteit om sulke groot fabrieke baie goed sodat moeilikheidmakers net eenvoudig nie in inkom nie. Dit is ook net ‘n kwessie van tyd of gewone winkelsentrums (mall’s) dieselfde behandeling gaan kry en daarna sal veiligheidskomplekse hul beurt kry. Die veiligheidskomplek se sekuriteit gaan beslis nie opgewasse wees teen massa mense nie.

Dafer ·

DIT moes redelike oortuiging gekos het! Hoeveel mense gaan werk kry hieruit?

GM ·

Goed gestel Snowball. Ek dink ‘n gratis huis en gratis water-en-ligte, en, en, en, sal my menswaardigheid ook herstel. I’m currently disadvantaged.

Pippie ·

Waarskynlik die hoofrede waarom Mercedes en ander motorvervaardigers in Suid Afrika bele, is nie die blink toekoms wat hulle in die land sien nie, maar die biljoene rand wat die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en dus in effek, die belastingbetaler as aansporing aan motorvervaardigers betaal. Dit is belastingvrye geld vir die motorvervaardigers, maar aan die einde van die dag dok belastingbetalers op. Die vraag is of dit nie meer kostedoeltreffend sal wees om die wurgende arbeiderswetgewing meer beleggervriendelik te maak eerder as om die belastingbetaler op te saal met die massiewe aansporings wat aan maatskappye betaal word om hier besigheid te doen nie. Dit kan amper soos (gewettigde) omkopery voorkom.

piper ·

pleks dat cr evander besoek om te kyk hoe lyk dit daar ipv mercedes te besoek. hy moet ook eskom besoek en seker maak mercedes sal krag he.

Antjie ·

Wel, wel, uncle Cyril!
Dis duidelik wat alleen die SA ekonomie staande hou:
1. Swart elitisme wat sulke motors kan bekostig.
2. Verwagting dat salarisse nie sal byhou by die daling van die Rand nie.
Ongelukkig kan ek nie asn meer redes dink vir hierfie “belegging” nie.

Jordaan ·

EK het gediag dit Duitsers lees en kyk nuus, lyk nie so nie.

Steven ·

We wish MBenz all the luck in the world with this venture. Because as soon as you sign on workers, you gonna burn your fingers. S. A. Laws are very strict where it comes to job creation. ie. Housing, medical. Bonus, rate of pay. Ect, ect. Of course the really big one is The Strikes, wich is part of a workers rights. Then the dangerous one’s are. BBEE. BBBEEE. But then Mbenz surely has thought about all those equations. Welcome to SA. Hope you guys do well here.

Erica ·

Ek se nog altyd Europa dra deels by tot die situasie waarin SA en sy burgers die afgelope klompie jare is.Die ANC word gereeld gepamperlang met mooi praatjies en geld in die hand gestop om polities tog net korrek te wees in die oe van die wereld.Finansieele hulp van buite af het tot dusver nie veel gedoen aan die situasie in ons land nie inteendeel alles gaan net meer en meer agteruit en die leiers raak al hoe meer arrogant en korrup.Ek dink die enigste ware hulp waarop ons moontlik kan staatmaak om die klomp hier bietjie in die bek te ruk sal waarskynlik uit Australie en Amerika kom.

David ·

Ek wonder hoeveel of hoe min werk gaan geskep word en hoeveel van die uitbreiding is outomatisasie.

As ek reg onthou, is die meeste MB voertuie, wat hier vervaardig word, bestem vir uitvoer.

Dit is beslis nie ‘n prestasie van die regering nie. Miskien is die belegging kleingeld vir MB en kan hulle bekostig om daarmee te dobbel.

HPV ·

Mercedes weet nie eers wat in hul motors aangaan nie wat nog in die land. Google “mercedes degradable engine harnass”

JOHAN BESTER ·

STAP BY MERCEDEZ IN KYK OF HYLLE JOU HELP.EK WAS N UUR DAAR NIEMAND HELP MY NIE.MAAR MY TEGNIKUS SWARTE STAP IN EN HULLE VAL OOR HULLE VOETE VIR HOM.
AS JY SWART IS STAP NET VERBY N MERCEDEZ GARAGE DIE KAR KOM AANGESTAP EN DOKS KLAAR REG.MAAK NIE SAAK DAT HULLE DIT IN 3 MNDE TERUGVAT Nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.