Mercedes-Benz SA herroep 13 159 voertuie

Argieffoto (Foto: Peter H/Pixabay)

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) maan klante wat in besit is van ʼn Mercedes-Benz ML, GL (modelreeks 164) en R-klas (modelreeks 251) om nie meer met dié voertuie te ry nie en Mercedes-Benz te kontak vir verdere inligting.

Mercedes-Benz Suid-Afrika sê die wêreldwye herroeping van dié modelle is van stapel gestuur omdat die remme moontlik onklaar kan raak. Sowat 13 159 voertuie word in Suid-Afrika hierdeur geraak.

Die waarnemende kommissaris van die NVK, Thezi Mabuza, sê die verskaffer het die kommissie in kennis gestel ná ʼn wêreldwye herroeping deur die vervaardiger.

“Ons verstaan dat die defek moontlik daartoe kan lei dat die remme onklaar kan raak en dit kan ongelukke en beserings tot gevolg hê. Die betrokke modelle is tussen 2006 en 2019 vervaardig. Ons maan klante om nie met dié voertuie te ry nie en eerder die vervaardiger te kontak vir verdere besonderhede.”

Om die betrokke VIN-nommers te bevestig, kan klante Mercedes-Benz skakel by 0800 133 355. Die NVK monitor die herroeping van die voertuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.