Mercedes Benz sê jammer ná ‘omstrede’ Moedersdag-video

Argieffoto

Die motorvervaardiger Mercedes Benz het verskoning gevra vir ʼn Moedersdag-advertensie wat vurige reaksie op sosiale media ontlok het weens “die gebrek aan diversiteit” in die video.

Die advertensie, wat “internasionaal” vervaardig is, is daarop gemik om aan ma’s “dankie te sê vir die liefde en energie wat hul elke dag in” ander se lewens inbring.

Die video speel met die idee van verskillende soorte ma’s, onder meer besigheidsma’s, sokkerma’s, gimnasium-ma’s en mode-ma’s, en hoe elkeen van dié ma’s dieselfde blywende impak in hul kinders en ander se lewe laat.

Al die rolle van die verskillende ma’s word deur ʼn onbekende wit aktrise vertolk.

Talle sosialemediagebruikers het die motorvervaardiger daarvan beskuldig dat hy nie divers is nie – veral nie binne ʼn Suid-Afrikaanse konteks nie.

“As Suid-Afrika enigsins tot Mercedes Benz se winste bydra, sal dit waarskynlik wys wees vir hulle om advertensies te vervaardig wat die grootste groep in Suid-Afrika verteenwoordig,” het Iman Mkwanazi laat hoor.

“Mercedes moes om verskoning vra vir dié advertensie omdat hulle van net een ras gebruik gemaak het in die video en nie die Suid-Afrikaanse demografie verteenwoordig het nie,” het Matt Maekela geskryf.

Honderde sosialemediagebruikers het egter teruggekap en gesê daar is niks fout met die advertensie nie aangesien dit internasionaal vervaardig is en daar deur die loop van die advertensie net een aktrise gebruik is. “Daar is werklik niks verkeerd met daardie Mercedes-advertensie nie,” het Thando Duma gesê. “Kan iemand asseblief vir my verduidelik waaroor al die bohaai gaan?” het Nonhle  Shandu gesê. “As hulle verskillende modelle gebruik het sou ek dalk verstaan het. Lig my asseblief in.”

“Ek sien nie ʼn enkele fout in die Mercedes-advertensie nie,” het nog ʼn gebruiker (@zuksterr) laat hoor.

Die motorvervaardiger het hom egter steeds tot sosiale media gewend om verskoning te vra en die video van sy platforms verwyder.

“Hierdie video, wat internasionaal vervaardig is, was bedoel om ons ondersteuning vir Moedersdag te wys. Ons het die diversiteit van ons volgelinge in Suid-Afrika onderverteenwoordig deur die gebruik van ʼn enkele karakter. Ons vra om verskoning dat ons ons Suid-Afrikaanse kliënte aanstoot gegee het.”

Kyk hier na die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Ania ·

Ag tog. Het ons nou nodig om sulke nonsens op ‘n Maandagoggend te moet lees? Die storie is al so vervelig.

sambok ·

Sou hulle verkies het om die ma wat haar kind oor sy skoene dissiplineer te gebruik

Denise Lodder ·

Mens konsentreer op die advertensie en nie op die velkleur nie, so ek kan nie verstaan wat dit met die saak uit te waai het nie. Wys maar net dat ons velkleur deesdae ‘n “issue” is en nie verdra kan word nie. Wat het nou geword van Ubuntu?

Martin ·

Kom by SA, dit is n buitelandse advertensie en hoofsaaklik daarvoor bedoel, julle is beheb met jul rassisme.

Liza ·

Ai jai….. Daar is werklik ander erger sake waaroor gekla kan word as n eenvoudige verdomde advertensie .

M ·

As dit enige ander ras was, sou ons nie ‘n woord gese het nie
ook maar lekker kleinlik

OL ·

Beste van als is dat dit 1 vrou is wat gebruik word vir die verskillende tipe ma’s! As daar verskillende vroue gebruik was om elke tipe ma te verteenwoordig…. By all means, gooi dan jou poope uit die pram!

Basson ·

SA : ‘n Toekomsvenster oor hoe die wereld oor 50j daarna gaan uitsien.

Mens vra net verskoning as mens skuldig is aan iets – MB is nie skuldig , dis jammer hulle het gevou onder die druk van ‘n paar.

Johan Neuteman ·

Dit bly interessant dat hoe meer daar beklemtoon word dat almal gelyk is en dat daar nie meer rasbewustheid moet wees nie, hoe meer word ras raakgesien en beklemtoon. As dit so is dat almal gelyk is (ewe vermoënd), en dat ras nie raakgesien word nie, sal ‘n gekerm oor ‘n advertensie soos hierdie nie nodig wees nie.

Asseblief! ·

Asseblief!, die doeke moet net nie WIT wees. Dit is op die koop toe ook ‘n WIT MB. Dit maak my WIT-, ekskuus tog, SWART van woede.

Neels ·

WERKLIKWAAR ……. die IK van party mense laat werklik veel te wense oor. Kan ons ASSEBLIEF oor iets anders as RAS praat? Ek sou die advertensie op dieselfde skaal geag het al sou die aktrise groen wees!!

Adam ·

Ek neem eksepsie teen die feit dat daar nie swart en wit in die reenboog is nie. Absoluut skandalig!!!

Gertryda ·

Ag hemel tog
Dis absurd om so tekere te gaan
Hierdie mense van die land moet grootword ly hul aan n minderwaardigheids kompleks?
Dink al die advertensie maatskappye moet maar tekenprente nou gebruik hul sal ook meer geld spaar
Weg met mense in advertensies
Ek is keelvol oor die wit swart issue in vandag se lewe
Dit raak nou belaglik

plattelander ·

Hulle moet n bohaai oor iets maak. Mens maak net n bohaai oor dinge wanneer jy jaloers is, daars niks om op jaloers te wees nie mense. Gaan werk vir wat jy wil he. Dan het jy ook mos iets om op trots te wees!

GM ·

Ag asseblief. Ek het ‘n e-pos oopgemaak van Foschini. Daarin vra hul watse tipe ma is jy? Dan is daar 3 foto’s van dieselfde swartvrou in verskillende tipes drag. So dit kom op dieselfde neer as wat hier gebeur. Waar kan ek my ‘toys’ uit die kot uit gooi oor my selfbeeld so laag is?

Alwyn ·

Raak dit nie alles bietjie belaglik nie? Ons word die heeltyd gesê apartheid is verby, ons moenie teen velkleur vas kyk nie, ens. maar om elke hoek en draai word besighede aangevat omdat daar nie velkleur verteenwoordiging is nie.

Mariette ·

Kan LUX seep asb.hul advertensie ook onttrek want dieselfde “een” het nou lank genoeg in my sitkamer gebad. Julle is besig om hierdie rasse kwessie holrug te ry! Wil nou al tot die advertensies beheer en in tussen kan jul nie eers julself wat nog te sê ‘n land regeer nie.

Piet Pompies ·

Puik, kreatiewe advertensie, ek dra dieselfde boodskap aan my vrou en ma oor, hulle word uitstekend vereer.

Johann ·

Whahahhaaaaa! Shame, ek kry wie ook al in SA wil adverteer BAIE jammer. Sien dit al: NET kleure van die reenboog (m. a. w. swart). GEEN wit hasies, perde, skape, voeltjies, muise of rotte nie. EN n swart en wit koeie se wit kolle mlet PROPORSIONEEL wees. GEEN meer wit brood nie. Selfde met melk en room en TJOKLITS!

En geen wit kar of huis nie. So ons beter laat her verf en oor spray VOOR die dag van vat sonder vra of betaal…

Om te dink sommige mense se eie beeld en well being word SO bedreig deur goed wat net hulle sien en ervaar? Shame…

Nika ·

shame almal skop so n bohaai op oor moedersdag advertensies…. toe ek groot geword het was moedersdag net vir ouma’s en weduwees. Nie vir n vrou wat tans geboorte gegee het en einlik niks weet van kinders groot maak nie. daar is erger goed wat aangaan in ons wêreld maar julle kyk vas in n simpel advertensie sodat iemand n karre kan gaan koop wat belaglikke pryse het.

Pieter ·

As jou velkleur al is waarmee jy jouself wil laat geld, dit beteken maar min vir jou vermoeëns.

dom ·

Koppe is weer plat sien ek. Fooitog julle arme meerderheid. Boohoo. Cry me a river !!!! En as jy kan, wat ek twyfel, bou n brug en kom daar oor !!!

Violet ·

Dis tyd dat die meerderheid hulle minderwaardigheid teenoor hulle velkleur verwerk. Dit gaan oor die advertensie en nie velkleur. Niemand kan sy velkleur kies nie, jy word so gebore, aanvaar dit en beweeg aan.

Johan ·

Ag werklik waar al weer die ras kaart please mense word groot ….toe die boere uit gemoor was in konstrasie kampe het hulle nie 30 jaar na die tud nog geskreeu ras nie hulle het aan gegaan ….asb d….er beweeg net aan

Lola ·

Mercedes! Baie goeie raad vir julle….BLY VAN TWITTER AF WEG!!!!! Dan sou julle in elk geval nie al die gebraak van ongeskoolde werklose verveelde karakters wat gratis twitter het raakgelees het nie en sou ek nie nodig gehad het om die snert te lees nie.

MJL ·

So, daar is nie advertensies wat op TV vertoon word waarin net swartmense verteenwoordig word nie? Ek vra maar net…..

HPV ·

Ag asseblief! Kan dit nogal glo van sekere Suid Afrikaners. Hef julself op, ander mense en fabrikaat motors kan dit nie doen nie!

Bernard Hellberg ·

Merc en VW se Nazi-verlede maak hulle hiper-bang en oorgretig om hulle nuwe base se voetjies te soen

Cecilia van Rooyen ·

Meeste van die advertensies op tv het geen wittes in nie maar daaroor word nie gekla nie. Waars die SA demografie in dit?

Trisa Strydom ·

Hoekom die bohaai oor die advertensie ons as wit mense gooi nie tantrams oor die advertensies wat Mercedes Benz gebruik het nie. Wat van die advertensies wat deur swart gebeeld send word op die TV kanale kry ,kom reg in die lewe en laat die son oor almal begin skyn

Eugene ·

Magties maar die ou nasie kry hulle self jammer
Dit is skreeu snaaks , kom ons giggel daaroor
Dalk moet hulle die motors wat bo in afrika ontwerp en gebou word adverteer soos hulle goed vind om hulle self op te hef

Heinz Fischer ·

Dis eenvoudig absurt. Duitsers is demografies wit gepigmenteerd en as jy kleur sensitief of rasisties is, dan sal jy dalk ‘n probleem he met kleur! Word groot en hou jou kleur ‘issues’ vir jouself! Daar is meer as 80,000,000 blanke duitsers in Duitsland.

nieBAFUnie ·

AG foeitog. Almal wat so rasbehep is gaan verseker nou die Merc’s waarmee hul so windgat rondry teruggee en boonop eis dat die balans van die lening afgeskryf word. Word wakker SA is nie die wêreld nie en almal hoef nie te voldoen aan sinnelose vereistes nie.

Johan ·

het nou na die video gekyk. Dit is een aktrisse wat die verskillende rolle vertolk. Daar is nie hordes ander wit mamma’s gebruik nie. Buitendien ‘n ma is ‘n ma mens verwys nie na n swart ma, wit ma ens nie!

Anne ·

Eintlik pateties hoe vinning daar omverskoning gevra word om ‘n sekere ras tevrede te hou

Lulu ·

Dit is so waar….alles moet alewig afgewater word sodat iemand se gevoelens tog net nie seergemaak word nie…dit maak my siek!

WEEREENS BELAGLIK ·

HOEKOM VRA JULLE ALTYD OM VERSKONING? Daar sou nie ‘n haan gekraai het as die dame SWART was nie .. alle advertensies is al oorwegend SWART, dan bly ons witmense maar stil, van waspoeier tot DSTV advertensies .. . maak nou maar alles swart en bly die knie buig onder die RASSISTE .. jy mag niks meer in WIT doen nie, dit is rassisties en ‘n sonde maar as alle SWART Is is dit heeltemal aanvaarbaar en polities korrek … SLAPRUE!

Klaagliedere ·

Dan is die advertensie ook in Ingels en niemand kla daaroor!! Ai toggie . . .

Liberaal ·

Oe ek huil nou so, kan iemand vir my vertroosting bied, ek weet nie hoe gaan ek hierdie dag maak nie :(

Hennie ·

En ek verpes die advertensies op KYKNET wat nie die demografie van die deursnit kykers van KYKNET verteenwoordig nie.

Gustav ·

Nou regtig, het die dom klomp dan regtig niks beter om te doen nie

jakes ·

Lagwekkend om die minste te se. Niks verbaas my meer nie, ek skaam my morsdood om n lid van die kamtige reenboognasie te wees. Snaaks dat hulle nog nie n bohaai oor die nuwe Lexus advertensie gegorrel het nie want daarin is ook net witmense te sien. Die demografie van die land word wel goed in ons tronke uitgebeeld.

CF ·

Wat van dié advertensies waar daar GEEN wit persoon in is nie???
Raak nou regtig afgesaag …

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam, die ads op TV is 99 persent swart. Ons kla nie daar oor nie. Ek is ook al keelvol vir hulle rassisme storie wat al holrug gery is. Hoe eenvoudig kan ‘n mens wees. En ja merc is net so slap om omver koning te vra. Patties.

Karien ·

Oulike advertensie, of dit n swart vrou was of wie ook al, bly n oulike advertensie en n manier van Mercedes om ons ma’s n lekker moedersdag toe te wens. Dankbaar dag hulle darem aan ons dink.

Liberaal ·

Ja maar die punt is dat liberale waardes bepaal dat witmense nie meer in advertensies gebruik word nie, en as hulle wel doen, moet daar ander rasse oorheers, en die witmens moet verkieslik verkleinneer word of die agterrol speel. Dan is dit mos polities korrek.

Theresa ·

Keelvol is ‘n mooi woord.
Hoe pateties is die minuscule breinstrekking van iemand wat oor so iets kerm??? Behoede die mensdom van sulke kleinlikheid. Siestog, man. Gooi die juk van “I’m so sorry for myself” af en lig jou kop op en leef ‘n vol lewe. Los ander mense uit en sorg dat jou pad goed loop. Los die advertensies uit – daar is baie te sê as mens nou eers weer daardie vervelige roete van kritiek wil volg. Aarde tog! hou jouself met iets konstruktief besig – miljoene mense doen – en het nie tyd vir hierdie petty str askuus snert nie.

Michael ·

O genade my m-benz is ook n wit motor ek raak nou bang om die voertuig in die openbaar te ry en ek dink die ad is baie mooi.

Casper Labuschagne ·

Mits jou velkleur nie wit is nie, is dit jou reg om oor enigiets geaffronteer te word wat ras betref.

White Rhino ·

Dit is maar ‘n swak selfbeeld probleem – hoe kan die selfbeeld probleem verander word?
Dit help nie jy haal dit op die wittes uit nie. Hulle kan jou nie help nie? Jy moet vrede maak met wie en wat jy is. Moenie altyd die wittes vir alles blameer nie- Die wereld skuld jou niks. Trek landuit indien jy dan so ingelukkig en klaerig is. Ons sal jou nie keer nie. Trek na die land waar die advertensie gemaak is. Sal ons wittes dan nog steeds in SA die skuld kry vir sulke tipe advertensies indien jy oorsee bly? Of sal die nuwe land die skuld kry – al het hulle nie apartheid gehad nie. Julle sal altyd iemand blameer – omdat julle die slefbeeldprobleem het.

Oom Kalahari ·

Dit is waarlik ‘n pragtige Internasionale advertensie wat alle Ma’s met Moedersdagbejeen. Waarom vra MB nou omverskoning? Die demografie van SA het Swart, Kleuring (Khoi/Khoi-San), Indier, Blank, en menige andere. Hey enige van die BBEE besigheids maatskappy of besigheidmanne enige finansieele inspuiting verskaf tot hierdie advertensie. Seker maar die meerdeeheids aspek waar sekere Ma’s 12 tot 15 kinders het. Die hele ou raskaart vergelyking om met sprinkaan aksie te wil verorber raak nou afgesaag. Kleur is kleur en elke maatskappy het sy voorkeure van gebruike. Verander asb die baba doeke kleur sodat dit die verkope kan verbeter.

Wouter ·

Na die onlangse debakel met die hoodie advertensie gun ek Europese firmas die reg om hulle eie identiteit in hul bemarking the gebruik Dit is reg Hulle ras of volk het die produk tog geskep Niemand anders nie

Me ·

Dis belaglik…

Geen wonder ek voel skoon skuldig as ek ‘n wit-brood toastie bestel by Wimpy instede van ‘n bruin een nie…..

Biebie ·

Kies jy ‘n kar oor die kleur van akteur /akriese in hul advertensie? Dan is daar fout met jou. Dink die media help die konflik tussen rasse aan as jy my vra…

Paul ·

Maar die advertensie het ook nie Oosterlinge in nie? Hoe dan nou?

Liberaal ·

Ooeee ons liberales het nognie so daaraan gedink nie. Miskien moet ons wet maak dat slegs pers animasiekarakters op advertensies mag wees…. of nee, purple face op stellenbosch. Ons sal bietjie dink en laat weet. Habib my liberale comrade, wat sal jy voorstel?

Pieter ·

Ek vind geen fout met die advertensie nie, dis dan dieselfde aktrise wat rolle van verskillende ma’s vertolk. Dis hartseer dat ons nog in sulke snert vaskyk!

Shane ·

Die advertensie is duidelik vir alle ma`s. Dit sluit sekerlik alle beroepe rasse en volke in of dalk verstaan ek nie so lekker Engels nie.

AmY ·

Regtig? Kry ‘n lewe man! MB kan gebruik wie en doen wat hulle wil. Moenie julle laat voorskryf nie. Behou julle Europese identiteit.

Ook Net n Ma ·

Dis nogal waar.. dis net die ma’s wat so agter die kinders aan ry en besig bly.. ekself is n werkende mamma van 3 en dan nog die huis werk ook doen. Dis nie grappies nie! N gemaklike ryding is wat so ma nodig het

Herman Waltmann ·

Daar is abseluut geen vout met die advertensie nie. Hulle wil net RASIS skreu omdat daar nie n ander ras die advertensie gemaak het nie.. Daar is ander erger dinge om na te gaan kyk en oor te kla. Wel gedaan Mercedes.

Reguit ·

Ai, hoe geskok is ek nou dat die inwoners van Mars nie in die video verteenwoordig was nie……………. ;-)

I am Sam ·

Mense, hoor hierdie woorde vandag. Onthou hulle.

Hul sal nie ophou tot alles wat aan die blankes behoort afgebreek, gebrand of vir hulself toegeëien is nie. Dit geld vir jou seun en dogter ook! Want hoe gewillig is ons volk al om ons nageslag oor die grense heen prys te gee. Dan wil jul huil oor ‘n advertensie?!

Haal die oog van die breinspoelingstegnieke af en ontwaak! Hul sal nie ophou tot blank ook verwoes is nie, en dis net ons Vader wat ons kan red as ons terugkeer tot Hom en Sy Woord.

Hannelie ·

Ag kom net by. Hulle maak ‘n mens so moeg met hulle bollie. Hulle is so vinnig om te moun oor goed. Het nou die dag ‘n advertensie gesien waar daar nie een blanke persoon in is nie, maar niemand het ‘n tantrum daaroor gegooi nie.

ChrisE ·

Emosionele Intelligensie en gesonde verstand ontbreek werklikwaar in ons samelewing. Die vervaardiger word gevloek, hoekom word die produk dan so vinnig gekoop. Wat skuld die wêreld ons ou landjie of ons mense. Dit is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n minderwaardigheidsgevoel en onsekerheid. Mens raak nooit of moeilik van die klaas sindroom ontslae nadat jy skielik baas geword het. In Spreuke sê dit, “wee die land waar die slaaf koning geword het”

Meisiemens ·

Ek wonder die hele Indie, China, Vietnam, Japan ens omgekrap is, en ‘n BOHAAI maak oor die mamma nie Indies, Chinese, Vietnamese of Japanees is nie?

Net die sensitiewe SA mense sal dit in ‘n amazing advertensie uitwys.

Kom asseblief nou net oor dit!

Kobus ·

Ek ry onbeskaamd ‘n wit motor. Moet ek nou my motor bont verf?

VanAfrika ·

Als val maar net in plek vir die Antichris se koms, sy nasie moet gereed wees vir hom so dat hulle verder kan meihem pleeg Dankie tog dat ek en my familie saamgaan met die opraping.

Mercedes, hoekom ontrek julle nie soos General Motors nie, julle het nie nodig om julle mooi karre in so arm land te verkoop nie, dit word buitendien nie waardeer nie want julle is “foreigners” en as hulle julle kar kan uitbrand sal hulle, dis die mentaliteit van hierdie land deesdae.

Anoniem ·

Gelukkig steur die Blanke hom nie aan sulke snert nie, want hulle het nog altyd oor die vermoe beskik om bo hulle omstandighede te kon uitstyg. Dit sal nooit van die anderskleuriges in hierdie land gese kan word nie want hulle almal kyk net teen hulle velkleur vas en ly aan ‘n erge minderwaardigheidskompleks asook tonnelvisie.

Waarheid ·

Belangrikste in alle geskille! Jy mag nie oordeel /veroordeel nie. Maw as jy nie enige positiewe bydrae sonder veroordeling kan maak nie S?Sela.

Theresa ·

Ag nee Mercedes. Waarom verskoning vra as niks fout is nie!!!

Vanessa ·

Iets wat so goed bedoel was word nou weer heeltemal uit verband geruk. Suid-Afrika is een groot grap. “Get a life”, alles in die lewe gaan nie oor velkleur nie.

Jannie ·

Swak van Mercedes om verskoning te vra vir niks ek het beter vewag van hulle.

Annie ·

Daar is blykbaar slegs een antwoord vir die ras-erige inwoners van ons land wat kleur by alles wil betrek en oor alles wil raas. Alle advertensies is van nou af tekenprentjies en almal is groen sonder hare. Dan kla hulle weer hulle word soos kinders behandel. Liewe ouers! Die rassisme oor ñ motor advertensie is net te veel!! So what as MB slegs ñ wit vrou gebruik het…sy kon Indiër of Koi of Chinees gewees het, dit maak nie saak nie!!! Patetiese raspolisie wat alles moet verketter…MB het niks verkeerd gedoen nie.

Gert ·

Ek dog dit gaan oor die geslag nie oor die ras , o ja dis Suid -Afrika alles draai mos om ras as die kleur nie reg is .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.