Mercedes-plunderaar agter tralies

In die video kan ʼn mens sien hoe Moloi met ʼn mandjie vol kruideniersware uit die Woolworths-winkel in Glenwood loop en in ʼn Mercedes-Benz-motor klim (Foto: Skermgreep)

Die 26-jarige Mbuso Moloi het homself Woensdagaand by die Durban Sentraal-polisiestasie oorgegee in verband met sy betrokkenheid by die plundering van ʼn Woolworths-winkel in Durban.

Moloi is op 12 Julie tydens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng op kamera betrap waar hy met ʼn mandjie vol kruideniersware uit die Woolworths-winkel in Glenwood loop en in ʼn Mercedes-Benz-motor klim.

Volgens Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is daar vasgestel dat sy motor daardie dag boonop ʼn vals nommerplaat opgehad het.

Kara het bevestig Moloi het Dinsdag in die landdroshof in Durban verskyn. Het staan tereg op aanklag van openbare geweld, diefstal, betreding en die oortreding van die Nasionale Padverkeersregulasies 2000.

Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn wanneer hy om borgtog kan aansoek doen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

casper ·

Hy is more uit op parool ook net in tyd om sy R350 grant te gaan haal !!!

Eerlik ·

Hy kry dalk meer as R350, afhangend van hoeveel kinders daar is, dit betaal dalk die Merc se paaiement.

Tiptol ·

Dalk is sy paaiement op sy merc so hoog dat hy nie geld vir kos het nie. :)

Hennie J ·

Volgens Rammetjie is daar geplunder omdat hulle mense honger is. Wat n sprekende voorbeeld!!

Misky ·

Ek kry sommer lekker as ek sulke artikels lees. Kan mos nie vir ewig met alles wegkom nie. Hy het nou so week om te dink hoe onnosel en gierig hy was

Hennie ·

Uit die blou van onse hemel
Uit die diepte van die bos
Sluip die onbeholpenes nader
Om te plunder van ons kos

Celeste ·

Dankie Hennie. Ek gaan hierdie nou die hele naweek sing en op my huismaats se spiere werk. Hehehe

Jr ·

Ja jy kan ‘n Merc ry maar daar was een ding wat jy NIE by Woolworths kon kry op die rakke of vloer soos jy gesê is KLAS, ETIQUETTE, EERLIKHEID (want jy is ook’ n liegbek. Daai goed is verniet, maar jy wil dit nie hê nie. You’re disgusting.

Kobus ·

Mens sou dink dat die welaf bevolking darem sou terugstaan sodat die wat werklik honger is eerste “grypreg” kon geniet. DNA bewys telkemale die teendeel

Andre ·

Ou skelm, slegs 26 jaar oud, met voorbedagte rade sy nommerplaat verander en gedink hul gaan hom nie kry nie.

MakersMark ·

Maar ‘n tipe….ry merc maar plunder saam. Maar dis dieselfde op hoogste vlakke in regering. Plunder net nie voor die kamera nie.

Snowball ·

Selfs die vrugtebak in die ‘Premiere Lounge’ van SAA word nie gespaar nie. Een bekende honourable member het die handsak vol appels geprop voor sy aan boord gegaan en in Business Class neergedaal het. Ook niks gekou aan daai appels tydens die vlug nie, nog te vol van die kos in die ‘lounge’. Skandelik!

Wielspore ·

Daar is nou al soveel moontlike oorsake ge-opper wat die plundering veroorsaak het maar die vraag oor hoekom ‘n welgestelde persoon dit gedoen het, bly onbeantwoord, of is dit ‘n kwessie van dat die waarheid sou seermaak?

Kathleen ·

mooi man , I just love it when it all comes together , hoekom sou mens nou ‘n vals nommer plaat op jou Mercedes Benz hê juis op daardie dag ?

Anoniem ·

Wil seker nou as Staatsgetuie draai om homself uit te kry uit die gemors!

Tanniepetoors ·

Foeitog. Dat die arme mannetjie nou moet gaan verduidelik hoekom hy nie wou betaal vir ‘n swaar mandjie Woolies kos nie. Hy was seker baie honger. Die Benz se paaiemente is bietjie hoog en seker ook nie betaal nie. Ai, ons moet tog nou nie te hard wees op die mannetjie met sy fancy klere, designer tekkies en Benz nie. Live and let live.

Danie ·

Indien hy homself nie oorgegee het nie neem ek aan sal die saak eenvoudig doodgeloop het.
Ek raai, eerste oortreding, vooraanstaande lid van die gemeenskap, lid van n politieke party wat almal voor bang is, ken die regte mense in hoë posisies, goeie gedrag deur homself oor te gee, jammer oor wat hy gedoen het in die hitte van die oomblik, belowe om by te dra tot gemeenskapsdiens.
En siedaar, n boete van R5000 en 12 maande tronkstraf wat opgeskort is in geheel vir 5 jaar.
Gaaaap

Spook ·

Danie, inteendeel!
Die outjie het alreeds ‘n kriminele rekord, vir bedrog en aanranding. Sy pappie is blykbaar nogal welgesteld, en boetie ry maar saam op die geldjies.

Jack ·

Wat van die ou wat die tv en ander goed in sy landie gelaai het. Hy sit seker ook?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.