Merkwerk in Vrystaat verloop vlot; agt nasieners toets positief

(Argieffoto: pixabay)

Die Vrystaatse departement van onderwys sê hy is vol vertroue dat hy teen 21 Januarie alle nasienwerk van matriekvraestelle gaan afhandel.

Dít ten spyte daarvan dat agt nasieners in die provinsie reeds positief vir Covid-19 getoets het.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sê die geraakte nasieners is huis toe gestuur sodat hulle in kwarantyn kan bly.

By die Ficksburg High School het twee nasieners positief vir die virus getoets, een by die Oranje Meisieskool, een by Brentpark High School, een by Rosenhoff High School, een by Brebner High School, een by die Hoër Landbouskool Jacobsdal (Landboudal) en een by HTS Louis Botha.

Ndaba sê die geraakte nasiensentrums is ontsmet en waar moontlik is nasieners na ander persele verskuif.

Die departement sê hy het ook verseker dat alle nasieners, afgesien van dié in Boshof, nie slaapkamers hoef te deel nie.

“Alle sentrums is ook met voldoende persoonlike beskermingstoerusting toegerus,” het Ndaba gesê.

“Nasienwerk verloop goed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Ek sou graag die bevoegdheid/kennis/vakkennis van die nasieners wou weet; laat my nie vertel hulle is almal gr 12 onderwysers nie en laat my nie vertel hulle kan altyd objektief nasien nie. As die modelantwoord sekere woorde bevat en dit verskyn in die antwoord, dan is dit reg, maak nie saak wat die leerder skryf nie.

Baardman ·

Nogal n vreemde hoofopskrif. Lyk of die nasieners gaan net om covid op te doen.

Sanet ·

Wat n skande dat matriekulante nog steeds wag vir hulle uitslae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.