Mesaanval by KwaZulu-Natalse winkelsentrum

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy verskeie meswonde opgedoen het.

Die vrou is Dinsdag omstreeks 12:00 in die parkeerterrein van ʼn plaaslike winkelsentrum in Montclair, naby Durban in KwaZulu-Natal, aangetref. Sy is omtrent 30 jaar oud.

Paramedici van die ambulansdiens Rescue Care, in samewerking met die sekerheidsmaatskappy Blue Security. het die vrou op die toneel aangetref, waar ʼn dokter besig was om haar by te staan.

“Sy het verskeie meswonde aan haar bolyf opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Garrith Jamieson, besturende direkteur van Rescue Care, gesê. “Paramedici het hul bes gedoen om haar op die toneel te stabiliseer, waarna sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is om dringende mediese behandeling te ontvang.”

Jamieson het bygevoeg die presiese omstandighede rakende die aanval is onbekend, maar die Suid-Afrikaanse polisie is op die toneel en sal die saak verder ondersoek.

Maroela Media wag nog vir kommentaar vanaf die KwaZulu-Natalse polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jean ·

Die polisie sal die saak verder ondersoek..ekskuus, die S A polisie. Wat meer kan ek sê

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.