Met die maan gepla…

Foto: Don Kittle

Fotograwe wêreldwyd was die naweek behoorlik met die maan gepla toe die volmaan Sondagoggend op sy naaste punt van die aarde af was. Die verskynsel, bekend as die Supermaan, gebeur slegs een keer ʼn jaar. Die maan was sowat 357 000 km van die aarde af. Dit was 5% nader as wat die maan gewoonlik in sy wentelbaan om die aarde kom. ʼn Webwerf het die kuberruimte deursoek en tien van die beste foto’s wat van dié besonderse gebeurtenis geneem is, gepubliseer. Die webwerf se topfoto is deur fotograaf Don Kittle geneem en wys die silhoeët van voëls voor die helder maan. Kittle skryf: “Ek het na Humber Bay bridge (Toronto, Kanada) gegaan om die maan af te neem. Daar was baie voëls oor die hawe en ek het geduldig vir hulle gewag om voor die maan verby te vlieg.”

Sien al die foto’s hier.

Wys ons jou foto’s deur dit na [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.