‘Met geweld ontvoer, geblinddoek’, beweer dr. Nandi

Dr. Nandipha Magudumana tydens ‘n vorige virtuele verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Dr. Nandipha Magudumana sal nóg ’n naweek agter tralies moet sit nadat haar dringende aansoek, waarin sy die hof vra om dadelik uit aanhouding vrygelaat te word, Vrydag uitgestel is.

Magudumana se regspan het self gevra vir die uitstel.

Die aansoek sal nou Donderdag aangehoor word en die minister van binnelandse sake sal intussen as respondent tot die saak gevoeg word.

Magudumana voer in die aansoek aan dat Suid-Afrikaanse polisiebeamptes haar op 6 April “met geweld ontvoer” het toe hulle haar in Tanzanië in hegtenis geneem het.

Magudumana voer ook aan dat sy tot vandag toe nog nie die binnekant van ’n Tanzaniese hof gesien het, óf tot onwettige immigrant in Tanzanië verklaar is nie. Volgens haar het Suid-Afrikaanse polisiebeamptes geen jurisdiksie of gesag gehad om haar in dié land in hegtenis te neem nie.

“Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die aand van 12 April vir my gesê dat ek huis toe gaan. Hulle het my geblinddoek en na ’n lughawe in Tanzanië geneem,” lui Magudumana se hofstukke wat by die Bloemfonteinse hooggeregshof ingedien is.

“Ek is met my aankoms by die lughawe in Tanzanië deur twee polisielede gekonfronteer.”

Dr. Nandipha Magudumana (Foto: AFP)

Luidens die hofstukke het die twee polisiebeamptes Magudumana in ’n bussie na die vliegtuig geneem, waar vier weermaglede reeds op haar gewag het.

Die vliegtuig het na Suid-Afrika vertrek en Magudumana is op 13 April met haar aankoms by die Lanseria-lughawe in Gauteng na Bloemfontein in die Vrystaat geneem om daar in die landdroshof te verskyn.

Magudumana is oortuig dat die korrekte prosedures egter nie tydens haar inhegtenisneming of uitlewering gevolg is nie.

“Die oorgee van ’n individu uit Tanzanië berus by die Tanzaniese Wet op Uitlewering. Ingevolge die wet mag ’n minister regtens ’n landdros versoek om ’n lasbrief vir inhegtenisneming en aanhouding (en uiteindelike uitlewering) van die persoon uit te reik.

“Geen sodanige prosedure is ooit gevolg nie en geen sodanige bevel is deur enige hof in Tanzanië gemaak nie.

“Ek kan met sekerheid sê dat ek nie deur enige hof in Tanzanië as ’n onwettige immigrant bevind is nie, en ek is ook nie deur so ’n hof na Suid-Afrika gedeporteer nie.”

Magudumana word daarvan beskuldig dat sy ’n aandeel gehad het in haar kêrel, Thabo Bester, ’n veroordeelde moordenaar en verkragter, se ontsnapping uit die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Amelia ·

So jy wil regte he polisie jou dan so sleg behandel maar jy nie gedink hoe moet man se ouers voel wat jy tronk toe gevat het om aan brand gesteek te word nie of is jy onskuldig nee wat sit maar geen simpatie nie Het jy nie ook meer as 1 paspoort gehad nie

Henning ·

Kry die beste regspan; Dhali Mpofo…dan gaan die n laaaang hofsaak wees wat jy in elkgeval gaan verloor

Snuffelgids ·

Jou arme slagoffer.. het iemand jou gevoelens seer gemaak? Is jou mense regte oorskry, net nie dit nie… die skurke het jou onnodig gevang nè???

Johanncb ·

Het sy Tanzanië wettig binne gegaan, en is sy ‘n wettige landsburger?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SA owerhede was onder druk om te presteer. Só, sy praat waarskynlik die waarheid. Die “vals”paspoorte was dalk geplant. Volgens Casper se kommentaar verlede week is die SA amptenare se optrede verdag. Hy het 37 jaar toepaslike ondervinding.

Sarel ·

Nou skielik…seker op advies van of Regsverteebwoordigers of haar pa.
Sal.nog ‘n.klag teen Bekker moet inbring

Danie ·

Moenie die probleem miskyk nie of sy skuldig is of nie die feit dat die regering en polisie kan doen wat hulle wil is die probleem en dit speel reeds hier af die wet is die wet jy kan nie doen en maak soos wat jy wil nie.Niemand is bo die wet verhewe nie.

Casper ·

Amalia,die man in Bester se sel aan die brand gesteek is was alreeds dood.Sy het ‘n geldige punt beet.Sy was waarskynlik onwettig in Tanzanië maar geen hof het haar uitlewering bekragtig nie en SA beamptes hetgeen jurisdiksie in daailand nie
Sy het ‘n baie sterk saak.

Janice ·

Toe sy in Tanzanie gearresteer was, moes die Tanzaniese polisie by gewees het. As hulle nie ‘n probleem gehad het hoe die onwettige inkommer in hulle land gearresteer was nie, hoekom word dit ‘n probleem in SA? As sy so in SA behandel was, was dit ‘n ander storie en kan sy ‘n bohaai daaroor opskop. Nog ‘n ding? Is hierdie foto van haar met ‘n masker op en kappie oor haar kop getrek geneem die laaste keer wat sy in die hof verskyn het? Die vorige keer was dit virtueel. Het die regter haar gevra om haar gesig te wys? Hoe weet hulle dis regtig sy?

Fritz ·

Hoe sy terug in SA gekom het maak nie saak nie. Sy het die land onwettig verlaat. Vir borgtog moet jy bewys jy is nie ‘n vlug risiko nie. Sy het reeds eenkeer gevlug! As sy borgtog kry is ons regstelsel in ‘n groter gemors as wat ek gedink het!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SAPD en ander amptenare moet die korrekte prosedures volg. Indien nie, is ons almal binnekort uitgelewer aan vigilanties wat doen wat hulle wil.

Heila Isabella ·

Verstaan nie hoe die dr wil regte eis nie ma sy het al haar regte reeds verbeur toe sy met Bester n verhouding aan geknoop het en gevlug het want beslis het sy gevlug

Sean ·

Hoekom het sy gevlug? Maak nie saak hoe sy hier gekom het noe Sys nou hier en sy moet nou pa staan vir haar aandeel in TB se misdade

Anel ·

Ek het dan gehoor sy is van die rol geskrap, so hoekom haar nog “dokter” noem???

Pierre ·

Jy is mos nooit wettig uit RSA nie, so hoe kon jy onwettig terug gebring word as jy nooit di eland verlaat het nie, alduis Binnelandsesake?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.