‘Metaalbedryf-stakers sal jare moet werk om verlies in te haal’

Numsa-betogers Foto: numsa.org.za

Numsa-betogers Foto: numsa.org.za

Die vakbond Solidariteit sê stakers in die metaal- en ingenieursbedryf reeds twee tot drie jaar sal moet werk om die verlies wat hulle weens die staking gely het, in te haal.

Marius Croucamp, hoof van die metaal- en ingenieurssektor by Solidariteit, sê elke dag wat die staking voortduur, verleng hierdie inhaaltydperk boonop met ʼn maand tot ʼn maand en ʼn half vir stakers op verskillende posvlakke.

Croucamp sê selfs oor ʼn tydperk van ses jaar sal die stakende werkers se addisionele verdienste as gevolg van die staking minimaal wees.

“Die stakers op die laagste posvlakke, wat potensieel die hoogste verhogings sal kry, sal kumulatief oor die volgende ses jaar slegs sowat 3,4% meer verdien as wat hulle sou verdien het indien die aanvanklike aanbod voor die staking aanvaar is. Vir werkers op die hoër vlakke is dit skaars 1,3%.

“Dit is nie raadsaam om vir ʼn skamele verbetering van 1,3% of 3,4% oor ses jaar te staak nie. Buiten die direkte verlies aan inkomste vir die werkers tydens die staking, kan die indirekte negatiewe gevolge, soos afleggings of verlies aan bonusse, maklik ook so ʼn klein verbetering uitwis of oorskry,” sê Croucamp.

Vir meer inligting, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Canned Phantom ·

Ek het eendag aan ‘n tuinwerker, my ouderdom, probeer beduie hoekom ek baie het en hy niks. Ek het hom gevra watter skole hulle in die ’70s gebrand het. Hy beduie toe mooi van 3 wat hulle so oor die loop van 2 dae afgebrand het. Toe vra hy my watter skole ons gebrand het. Ek moes hom teleurstel en sê slegs my agterent het so af en toe gebrand, want ons was IN die skool. Sy kommentaar was dat die ANC hulle dus ‘n verdere agterstand gegee het teenoor ons. Die lig het aangegaan, maar hulle stem elke keer die ANC in. Ek dink die lig het reeds vir die stakers aangegaan, maar hulle gaan ook niks daaromtrent doen nie…

linda ·

Geen simpatie nie. Verwoes land se ekonomie en hul eie finansiële posisie. Hoe dom kan mens wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.