‘n Paar mense is Saterdag in ‘n metaanontploffing in Welkom in die Vrystaat beseer.
Konstabel Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die inligting is nog skaars. Inwoners word glo gemaan om binne hul huise te bly.
Die ontploffing het glo omstreeks 17:30 plaasgevind en ‘n paar geboue is ook moontlik beskadig. Gerugte doen die ronde dat die ontploffing moontlik met onwettige mynbedrywighede verband hou.
Meer inligting volg.
Julle is op die bôl – dankie vir die vinnige nuus
Jip dit maak sense, vir ons hier in Welkom word vertel n ventalasie skag is laat val, Dankie vir inligting, glo sama samas was betrokke,