Meterleser kritiek ná skietery

Die man is helder oordag in Umgeni-park in Durban geskiet. (Foto: Netcare 911)

ʼn Meterleser van KwaZulu-Natal is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend in Umgeni Park in Durban geskiet is.

Die man, wie se naam en ouderdom nie bekend is nie, het glo na sy motor in Butteryweg gestap toe die voorval plaasgevind het.

Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was en of iemand al in hegtenis geneem is nie.

Hoewel die motief vir die skietery onbekend is, sê Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, dat die voorval vermoedelik die gevolg van ʼn kaping was.

Hy sê nooddienswerkers het met hul aankoms op die toneel die man met ernstige beserings aangetref.

“Die slagoffer is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Geweld in die land is buite beheer! Als te danke aan ons useless, korrupte regering en polisiemag

Moedeloos ·

Opskrif is verwarrend. Die moord het niks te doen met sy werk as meterleser nie. Maar bly tragies dat mense so hul lewens moet verloor.

Jack ·

Die polisiehoof is aanspreeklik weens sy halstarrige versium om op te tree. Hy is n swak keuse deur ramaphosa en as sulks moet laasgenoemde ook die blaam dra. Geen dienste kan meer gelewer word sonder polisiebegeleiding nie. Tipies n zimbabwe situasie. Die president soek stemme terwyl die wat moet stem in vrees lewe. Pateties dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.