Meters beperk weens watertekort in Pretoria

kraan-water-glas

Foto: Arcaion/Pixabay.com

Die Tshwane-metro het begin om vloeimeterbeperkers op watermeters in Centurion te installeer aangesien reservoirs in Pretoria kritieke vlakke bereik het weens ʼn toename in waterverbruik.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, het gesê die besluit is geneem in oorleg met Rand Water. Die areas wat geraak word, is Rooihuiskraal, Blair Atholl, Valhalla, Erasmia, Bakenkop, Heuweloord en The Reeds.

Volgens Mashigo sal die genoemde areas se watermeters beperk word ten einde voorsiening te maak vir Laudium, Atteridgeville en Saulsville.

Die Tshwane-metro het intussen ook ʼn beroep op inwoners en besighede gedoen om water te bespaar. Mashigo het gesê indien aan die beroep gehoor gegee word, sal wateronderbrekings beperk kan word.

Inwoners is versoek om gryswater te gebruik om hul tuine nat te lei en toilette te spoel, waterlekkasies aan te meld en toestelle wat water bespaar aan te bring.

“Waar moontlik moet ’n lae-vloei-stortkop geïnstalleer word en die watergebruik van die toilet se spoelbak verminder word. Plant inheemse of droogtebestande struike in die tuin en lei tuine voor 06:00 of na 18:00 nat en slegs wanneer nodig.”

Volgens Mashigo kan inwoners ook ʼn besem gebruik om hul opritte of stoepe skoon te maak in plaas van ʼn tuinslang. “Gaar reënwater op en gebruik dit in die tuin of om jou motor te was. Sit ʼn seil op jou swembad om verdamping te keer en stort eerder as om te bad.”

Mashigo het gesê inwoners word aangemoedig om waaksaam te wees en hul leefstyl aan te pas om water te bespaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

magrietha ·

Ja hoekom reg voor ons is n huis wat besig is in mekaar te val en hulle was kare laat dit klap en betaal nie daarvoor nie

Rudi ·

Indien die Tshwane al die waterlekasies betyds herstel sal dit nie nodig wees om water te beperk nie! Ry maar deur die stad en woonbuurtes en kyk hoe loop die “waterfonteine” die strate af omdat die water netwerk nie behoorlik instand gehou word nie. “n goeie voorbeeld is in Alaska Straat Faerie Glen, die straat lyk al soos n’ swemgat met water wat daar uitstroom!

PATETIES ·

Kan die PATETIESE Stadsraad v Pretoria verduidelik aan die inwoners waarom hierdie 6 voorstede uit die hele Tshwane Metro uitgesonder word??????

Johanb ·

Ek stem volkome saam met Pateties se opmerking. Die DA raadslede moet begin om hulle salarisse te verdien.

riaan ·

Baie makilk. msimanga probeer stemme koop in Atteridgeville, Saulsville en Laudium ten koste van oorwegent blanke inwoners in Centurion!

Hendrik ·

Ek dink die resovoir wat hierdie gebied bedien staan op die Rooihuiskraal. Die gebied na die weste is geweldig snelgroeiend en soos elektirsiteit moet mense maar eie voorsiening maak vir bykomstige water en elektrisiteit . Daar is eenvoudig net te veel mense.

riaan ·

ja solly en kie, so word oorwegend blanke voorstede verontrief om swart woonbuurte te bevoordeel. So tipies van die rasistiese msimanga en sy gang clowns in tshwane!

HN ·

ONS wens dit was Phalaborwa se enigste probleem.
Dele in ons dorp is al 7 dae sonder water. Ander dele 4 dae ens ens.
Soos almal weet is Phalaborwa veronderstel om ‘n toeriste dorp te wees maar ek glo baie van die gastehuise, lodges ens het al baie kliente verloor omdat hulle so lank sonder stort moet wees.

HPV ·

Net nog ‘n stap in die regime se onvermoë om die stukkende sukkelende land aan die gang te hou. Steeds slegs afhanklik van die vorige regering se infrastruktuur.

MissDemeanor ·

Dit, en klimaatsveramderinge wat vir ons baie meer droogtes gan beteken, saam met n toename in die getalle mense…ons moet begin om n ‘n “plan” te maak, soos die “boere” van ouds. “Adapt or die”.

MarieM ·

Ons buurman oor die straat het sproeiers op sy grasperk aangebring en elke oggend en aand word sy tuin nat gemaak. Hoe rapporteer mens dit. Ons woon in The Reeds en dit is onaanvaarbaar dat ek water bespaar en hulle net aangaan asof daar nie ‘n tekort aan water is nie.

Stuiwer ·

@MarieM, hoor dalk eers by buurman of hy nie dalk boorgat het nie. Ek self lei tuin nat en maak swembad vol, maar met boorgat water.

Ig ·

Die Munisipaliteit moet sommer by hulle self begin en die honderde lekkende krane in die Townships regmaak.

Arak ·

Orals lek die water en borrel langs die pad uit van pype wat al jare terug vervang moes word, maar nou gaan die patetiese DA beheerde stadsraad weer net die erfbelasting verder verhoog en die prys van water duurder maak. Maak om hemels naam tog net die verdomde pype reg, of is daar nie ‘n enkele bevoegde persoon in die hele stadsraad nie.

Tom Nel ·

Hoekom bestuur die stadsraad nie effektief nie? Elke dag sien jy op sosiale media van waterlekke wat aangemeld word maar geen aandag word daaraan gegee nie of ditvat dae voor die stadsraad dit regmaak. Kry jul huis in orde of gaan julle ook betaal vir my hele tuin se vervanging van plante as alles gevrek het, dit het my oor jare honderde duisende rande gekos en ek gaan ditnie net laat vrek oor julle pateties is nie

linda limbo ·

hoe pateties is Tshwane munisipaliteit!
nie net is my water op van R800 tot R2800 elke maand
maar die diens is pateties!
asb kan iemand info deel wie boor nog?
kan ons vir Ward 66: Cllr Ina Strijdom (DA) vra om bietjie ondersoek in te stel?

Thinus ·

Water word gegee vir die wat nie daarvoor betaal nie en weggevat van die wat betaal. Hoekom dan nog betaal? Sodat die wat betaal die nie betalende massas kan sponsor? Stop betaling todat julle water herstel is.

Andre Stander ·

Ah, so die vloei na sekere areas word beperk, om te verseker daar is vloei na ander sekere areas..

Ek sien.. ek sien….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.