Metrobeampte by aansluiting doodgery

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Beampte van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) is Vrydagmiddag by ʼn padaansluiting in Johannesburg doodgery terwyl hy verkeer gereguleer het.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Johannesburgse metro, het in ʼn verklaring gesê die beampte was by die aansluiting van Marlboro-rylaan en die M1 ontplooi toe hy deur ʼn voertuig raakgery is. Hy is later op die toneel dood.

“Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem. Hy sal van moord of strafbare manslag aangekla word,” het Sun gesê.

Hy het gesê die metrobeampte wat gesterf het, het in Tembisa gewoon, maar is oorspronklik van Limpopo afkomstig. Hy word deur sy vrou en twee kinders oorleef.

“Dit is tragies dat hierdie voorval gebeur net ʼn week nadat ek ʼn beroep op motoriste gedoen het om hul spoed te verminder wanneer hulle puntsmanne aan diens nader. Ek doen weereens ʼn beroep op inwoners om die verkeersreëls te gehoorsaam en nie net hul eie veiligheid nie, maar ook ander s’n, in ag te neem wanneer hulle bestuur,” het Sun gesê.

Hy het sy medelye aan die beampte se familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jaco ·

Ek vestaan nie. Hkm is hy gearisteur? Al wat ek kan dink is daar moet konkrete bewyse wees dat hy oor spoed grens gery het of onder die invloed bestuur het. Andrrs is dit mos maar net n tragiese ongeluk?

gatvol ·

Dis hartseer, innige meegevoel aan sy familie, dis hoogtyd DAT die owerhede begin optree teenoor padvarke en Dan wil ek net veral taxi drywers insluit, as hul nie voor jou indruk nie jaag hulle van die een robot na die Ander, robotte wat rooi is word verontagsaam want as daar nie verkeer van kante afkom nie skiet hul maar net oor om alles weer by die volgende robot te doen! Waarom all die owerhede by lughawe plaas waar ons eintlik hul teenwoordigheid op SA se paaie nodig het. PS:die beamptes wat mens wegjaag as jy by lughawe stop staan inelkgeval 80% van die tyd op hul fone en speel.

DS ·

Eina pyn. 2 redes hoekom my hart seer is. Eerstens die beampte se familie wat ‘n geliefde verloor het – hou julle in my gebede – en tweedens vir die spelling van ons suid-afrikaners as jy wil kommentaar lewer kyk in woordeboek of op google hoe om die woord wat bo jou vuurmaakplek is te spel. Arresteer.

Drikus ·

Heng mense. Hoe kan julle aanneem die man is ‘n padvark? Hy kon dalk net vir daardie oomblik elders gekyk het. Sal gaaf wees as ingeligte persoon kan laat weet op grond waarvan hy in hegtenis geneem is.

Cherokee ·

Oningeligte antwoord maar as ek ‘n raaiskoot sou waag sal dit *ten minste* wees vir roekelose bestuur.

Gideon ·

Drikus omdat wat ek elkw dag op ons paaie ondervind beaam dat die kans meer as 80% is. Sedert JHB besluit het om kameras “tydelik” testop het dit nog meer skrikwekend op ons paaie geword. Ek ondervind elkedag mense wat in 60 zones ry wat maklik so vinnig as 100 plus slegs hoer spoed jaag. Ek staan wat ek se meer as 80% persent wat vir spoed gevang word is die meester PADVARKE op ons paaie die andr 20% is die Taxis en die wat in die emergency laan ry.

realis ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie maar ek sou hom dalk ook raak gery het. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n” Metrocop” gesien het wat verkeer reguleer nie.
Ek is gewoond aan Outsurance se mense wat die funksie verrig terwyl die Metrocops ‘n 100 meter verder onder ‘n boom sit en KFC eet.

Cherokee ·

Ek wil nou ook nie snaaks wees nie maar dan behoort joy ook toegesluit te gewees het want jy ry nie spietcops raal bloot omdat jy hulle lank nie gesien het nie.

Cherokee ·

Met betrekking tot spelling soos genoem, jy is reg maar Suid Afrikaners word met hoofletters geskryf en leestekens is daar om gebruik te word.

Hennie ·

Die bestuurder was seker wit gewees dus die moordklag teen hom

Hennie ·

Die bestuurder was seker ń witte gewees. Dit is hoekom dit nou weer moord is

Cherokee ·

Raai raai kan jou so maklik in ‘n verleentheid beland.

Leahim ·

Dit is baie hartseer maar pad reëls word gebreek en die meeste verkeers beamptes is korup en vir n paar rand kyk hulle anderpad en die reels word meer geïgnoreer. Dit is n bose kringloop en nou het een van hulle eie gesterf ….tragies.

theo ·

Michael Sun jy kan maar praat en praat, niks sal gebeur nie omdat daar baie taxi en gewone bestuurders hul lisensies gekoop het. ek het vir ‘n swart vrou nogal sterkte toe gewens met haar bestuurs toets en vir haar gesê dat sy moenie bekommerd wees nie, as sy druip kan sy weer n afspraak maak, ek het drie keer gegaan. toe sy terug kom was sy baie bly maar het sy by gevoeg die lisensie was duur. dit kon ek nie verstaan en vra haar toe hoe so, sy sê toe sy moes R2000 uithaal vir die lisensie. ek het net omgedraai en weg gestap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.