Metrobeampte by padblokkade beseer

Die voertuig wat glo in die padblokkade ingeploeg het. Foto: Verskaf

ʼn Metropolisiebeampte is Vrydagaand beseer toe ʼn voertuig glo in ʼn padblokkade in Durban ingeploeg het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het Saterdag gesê die padblokkade was omstreeks 22:00 in Umgeniweg naby die Connaught-brug opgestel toe die voorval plaasgevind het.

“Die bestuurder van ʼn voertuig het na bewering versuim om by die padblokkade stil te hou en het in ʼn ampsvoertuig vasgery, waarna die ampsvoertuig die beampte getref het,” het Jamieson gesê.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is twee erg beskadigde voertuie aan albei kante van die pad aangetref.”

Die beampte is met matige beserings aan die kant van die pad aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Owerhede was op die toneel en stel ondersoek in oor hoekom die bestuurder glo nie stilgehou het nie. Die bestuurder het geringe beserings aan sy been opgedoen. Dit is nie dadelik bekend of die bestuurder in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Houtoog ·

‘Cannaught” is ‘Connaught’. Hierdie is ‘n snelweg en ek glo nie mens verwag ‘n padblokkade op so ‘n pad met, volgens die foto, baie ligte sodat die ligte van ‘n padblokkade moeilik sou wees om te sien. Of sou die wynvlieg dalk betrokke gewees het?

Phillip ·

Dankie Houtoog

Ons het die fout gewysig.

Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.