Metrobeampte dood ná ‘dronkbestuurder’ hom tref

ʼn 38-jarige metropolisiebeampte van Johannesburg is op 22 Mei 2016 in die vroeë oggendure dood toe ʼn beweerde dronkbestuurder hom getref het Foto: JMPD

ʼn 38-jarige metropolisiebeampte van Johannesburg is op 22 Mei 2016 in die vroeë oggendure dood toe ʼn beweerde dronkbestuurder hom getref het Foto: JMPD

ʼn 38-jarige metropolisiebeampte van Johannesburg is Sondagoggend in die vroeë oggendure dood toe ʼn beweerde dronkbestuurder hom getref het.

“Die ongeluk het op die N1 noord in Midrand plaasgevind,” het Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Die beampte het buite sy patrolliemotor langs die snelweg gestaan en was besig om ʼn boete uit te skryf, toe die beweerde dronkbestuurder in ʼn wit Mercedes sy patrolliemotor getref het.

Volgens Minnaar is twee vroue, wat die bestuurder van die Mercedes ken, in hegtenis geneem toe hulle alkohol uit sy motor probeer verwyder het.

“Die man is na die Sunninghill-hospitaal geneem vir bloedtoetse. Hy is by Midrand se polisiestasie in hegtenis geneem op aanklag van roekelose en dronkbestuur,” het hy bygevoeg.

Die beampte het omstreeks 04:00 aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Sjoe! Die aanklagte sal logies gesproke meer word. Die girls wou probeer lojaal wees en het hulself drama op die hals gehaal. Alkohol in sy motor sou nie teen hom tel. Die in sy bloedstroom wel. ‘n Broodwinner was besig om sy brood te verdien en ‘n gesin is sonder (een van die) broodwinners. Dit as gevolg van ‘n joller wat nie homself kon beheer. Moet asseblief nie gesuip bestuur nie!

Wat-ek-lees ·

Cherokee, wat is die aanklag as ek besope is en iemand met ‘n vuurwapen doodskiet ? Al is dit per ongeluk ? Hier word die motor gebruik vir dieselfde doel. Dis moord, niks anders.

Xa ·

Uiteindelik toets hulle iemand SE bloed na n ongeluk! Dronkaard moordenaars word so beskerm dat dit selde gebeur. Mag die skuim vir jare, dekades sit.

Grap ·

Die Metro Polisie op van hulle is so gou om ‘n paar rand vir omkoopgeld te vat vir oortredings soos dronkbestuur,gladde bande,oor ‘n rooi robot ry,ek wonder altyd of hulle besef wat die implikasies daarvan is of kan wees

Paul ·

Sal nogal graag wil weet wat is die klagte as jy drank uit jou of jou vriend se motor uithaal wat aan jou behoort. En sou dit regtig ‘n arresteerbare klagte wees. Die redes woorop hulle darem deesdae mense arresteer is vreesaanjaend. Sou dit ook beteken as ek teen ‘n metro bots en ek haal my sak kruideniersware uit my voertuig kan ek gearresteer word.

Pendoring ·

Ek sou dink die motor en ALLES binne-in sal soos enige ander misdaadtoneel hanteer word. Jy raak of verwyder niks voordat die ondersoekbeamptes nie so sê nie. Dan sal daar waarskynlik ook van jou verwag word om te bewys dat dit wat jy wil verwyder joune is.

John Bond ·

Nie eers hulle wat ons paaie moet veilig hou is meer veilig teen dronk bestuurders nie. Ek hoop hierdie maak finaal die regering se oë oop. Die vroue wat getuienis stukke wou verwyder is gearresteer en dit is hoe dit moet wees. Te veel dronk bestuurders kom weg met MOORD. En ja dit is MOORD – is daar tog enigiemand wat nog nie weet dat ‘n dronk bestuurder doelbewus bestuur terwyl hy WEET dat dit iemand se lewe kan kos! Die dronkbestuurder wat my kind VERMOOR het het hulp gehad om vir haar en die motor van die toneel te verwyder… Snaaks genoeg is die wat hom gehelp het nie gearresteer nie! Die feit dat hierdie vroue wel is omdat hulle drank probeer verwyder het beaam my vraag… Hoekom nie hulle wat my dogter so wreed behandel het nie?

Piet Pompies ·

Die berig gaan oor dronkbestuur en as ek van die kommentaar lees is daar heelwat vals note in die orkes. Punt is, dronkbestuur is ‘n ootreding van die wet en as jou optrede gedurende jou dronkenskap iemand se dood veroorsaak het jy groot probleme

Koos ·

Die rede vir die toename in alle verkeers oortredings is omdat die publiek nie meer die nagevolge vrees nie want 9 uit 10 verkeersbeamptes is omkoopbaar maar nou dat een van hulle gesneuwel het wil hulle hul magte oorskry om mense aan te kla wat hulle besittings uit ‘n kar haal ……noem my dan maar ook ‘ dof ek stem saam met Paul

Paplepel ·

Koos, jy sê 9 uit 10 is omkoopbaar? Vanwaar die statistiek wat jy so gemaklik gebruik? Eie ervaring dalk?

vermeende ·

Dit is eintlik n wonder dat daar nie meer dood gery word nie. Jy ry 120 op die pad en dan spring hy net voor jou in, neem nie inag die afstand wat jy het om tot stilstand te kom nie ook nie die vrag en gewig van jou voertuig nie.
Hierdie is wel n ander geval maar die klomp ly my dink hulle is pantser.

Tiger ·

Sluit die Mercedes bestuurder toe vir moord en gooi die sleutel weg dis wat ek vir die persoon voel.

Leonie ·

Ek hoop die dronkgat word aangekla van moord en nie manslag nie. Mense wat drink en bestuur moet die grootste denkbaarste straf kry. Onskuldige mense gaan dood as gevolg van hulle gesuipery. Sterkte aan die Metro Polisie beampte se familie. Rus in vrede meneer!

Ronelle Nortje ·

Dronkbestuur n oortreding,dai persoon is nou dood,geen een van die twee persone se gesinne gn meer dieselfde wees nie,een aand se plesier jare se verwyte en hartseer,so dink twee keer voor jy agter die stuur inklim as jy dronk is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.