Metrobeampte dreig glo om man te skiet

In die video dreig die metropolisiebeampte dat hy die man gaan skiet (Foto: Skermskoot)

ʼn Video waar ʼn gewapende lid van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) ʼn man dreig dat hy hom op kort afstand gaan skiet, word wyd op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe ʼn hele aantal EMPD-beamptes in ʼn rusie met die man betrokke is en hy op die grond vasgedruk word, terwyl ʼn ander beampte ʼn geweer op die man rig. In die agtergrond vra ʼn persoon vir die beampte of hy die man op kort afstand wil skiet en die gewapende beampte antwoord dan “ja”.

Die ander beamptes het duidelik nie ʼn probleem daarmee dat hulle afgeneem word nie, en sê herhaaldelik “neem ʼn video, dit is goed”.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die EMPD, het gesê die voorval het Woensdag in Springs, Gauteng, plaasgevind. Hy het egter gesê dit is ʼn sensitiewe saak en dat hy nie verder daaroor kan kommentaar lewer nie.

“Die saak is in die hande van die polisie asook die betrokke landdroshof. Die EMPD se departement vir integriteit en standaarde sal intern ondersoek instel,” het Mokheseng gesê.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het bevestig die man in die video is saam met nog ʼn man deur die metropolisiebeamptes in hegtenis geneem. Hulle het Donderdag in die Springs-landdroshof verskyn op aanklagtes van verset teen inhegtenisneming, crimen injuria en intimidasie.

Peters kon nie bevestig wat tot die aanklagtes en inhegtenisnemings gelei het nie. Dit is aanvanklik beweer dat die lid van die publiek in die verkeerde rigting in ʼn straat gery het. Daar is toe egter gesê dit was een van die EMPD-beamptes wat in die verkeerde rigting gery het en dat die lid van die publiek hom daaroor aangevat het.

Phaladi Mooko, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Ekurhuleni-metro, het Donderdagoggend in ʼn onderhoud met Jacaranda FM gesê dat daar nog nie sekerheid is oor wie in die verkeerde rigting in die straat gery het nie.

Mmoko sê die voorval sal noukeurig ondersoek word om presies te bepaal wat gebeur het.

“Hierdie tipe van konfrontasie sou nie sommer sonder ʼn rede gebeur het nie. Die situasie lyk verkeerd. Ek sal later meer volledige besonderhede oor die voorval hê, maar vir nou veroordeel ons dié vorm van geweld,” het Mmoko aan Jacaranda gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis mos weer ‘n blanke persoon en hulle opmerkings is totaal onvanpas en dit nogals op kort afstand. Jy hoef nie iemand te dreig met daai wapen vir ry in die verkeerde rigting nie! Ek dink nie eers hul moet wapen besit nie, want hulle kry ook nie die regte opleiding nie

Vrijburger ·

Mmmm. Kom ons kyk hoe speel die uit situasie uit in vergelyking met die Clicks-tannie situasie.

Anel ·

Die tannie het gevoel haar lewe word bedreig en sy het so ‘n klein wapentjie gehad. Hier word’ n haelgeweer op die arme man gerig en hy word gedreig dat hy geskiet gaan word, en hy is ongewapen. Sal graag die 2 sake se uitslag wil sien.

Werner ·

Nie in 1994 en ook nie nou nie hier sal nooit vrede en harmonie wees nie

Piet ·

Verset teen arrestasie. Wil ook nie leer nie. Laat hulle jou vat en inboek sonder struweling. Verduidelik jou storie in die hof en dagvaar hulle later as hulle verkeerd opgetree het.

ElizeK ·

Regtig!!! Verduidelik jou storie in die hof. Watse hof?? Die een wat gekaap is deur die ANC??

Piet ·

Die punt is dis polisie en as hulle besluit hulle gaan jou arresteer (wettig of onwettig), gaan dit gebeur of jy nou daarvan hou of nie. Kyk net wat het hierdie ou nou van sy verset gekry. Vasgedruk op sy blaker en geboei. Ek sal my nie so laat verneder nie.

Pieter Rubeus ·

Daar is geen rede dat die polisie lid ‘n vuurwapen op enige persoon kan rig wat nie gewapen of ‘n gevaar was nie. Die persoon moet die polisie beampte aankla vir roekelose hantering van ‘n vuurwapen sonder opset en die rig van ‘n vuurwapen. Hy het ‘n grootwaan mentaliteit wat by baie onopgevoede polisie lede deesdae te bespeur is.

Kokerboom ·

Metropolisie is ‘n tydbom wat wag om te ontplof!!Dit was destyds die verkeerdste aksie om verkeersbeamptes se status na polisie te verander. Verkeerde aanstellings, gebrek aan opleiding en bevoegdheid, emosionele onbevoegdheid, rassisme en arrogansie gepaardgaande met ‘n vuurwapen skep ‘n plofbare situasie

Stephen ·

Daar is altyd tenminste 3 kante van die storie. Sal interesant wees om te sien of enige van die Metro Lede se Vuurwapen Bevoegdheid op datum is en hulle hulle Regulation 21 kan deurkom.

Toktokkie ·

Ons moet ook maar waak om alles in ‘n ras herrie te laat ontaard. Weet die polisie se reputasie loop hul vooruit, maar elke saak het 2 kante. Wag maar eers en hoor wat regtig gebeur het.

Fedup ·

Oh they didn’t.
MM, we need to know who this person is and the muffin who threatens to shoot.
An eldery lady gets arrested for defending herself, but these daft ones can threaten as they see fit?
Nope.
Not in my life time.

Jones ·

Mask nie saak hvl kante ‘n storie het nie. Net dit wat op die vudeo gewys word is klaar die verkeerde kabt. Fire die pol8sie beamptes en sluit hulle toe vir 25 jaar. Hulle is ‘n gevaar vir die algemene publiek

Vrystaat2109 ·

As hulle word verder ondersoek is dit net om hulle liegstorie mooi agter mekaar te kry.

Realis Thailand ·

Hier kan hulle nie vinnig genoeg n klag van intimidasie en Crimen Injuria open
Maar malema en sy gespuis word niks aan gedoen en sy dreigemente is niks anders as intimidasie en boonop aanhitsing tot geweld Maar nee die mense is wit en malema is swart
Daar is geen antwoord op sa se probleem en dis waarom ek hier in Thailand woon want in sa sou ek al lankal in die tronk gewees het

Genis ·

Die Metro Tjo-tjo bende is uit beheer uit, hulle is vol van hullle self… hy wou seker nie n bribe betaal het nie… Pak een man soos haienas, die man is begoei dan rig die maer knaap nog sy wapen… Skelms van die stadrade…

Chris ·

Wanneer gaan ons wittes eendag begin leer. As ‘n poeliesman of enige persoon in ‘n gesagsposisie jou aanspreek , Ja my kroon , nee my kroon jy maar. Jy is verkeerd. Jou houding gaan bepaal wat die uitkoms van jou situasie is. Wees kalm, byt jou tong vas dat die bloed loop. Kyk af, en praat kalm in ‘n monotoon, Doen presies wat van jou gevra word. Ek kan jou waarborg jy gaan geen skade ervaar nie. Vra my dit werk, en jou lewe is verleng. Dit verhoed dat jou bloeddruk hartklop en wat ook al opskiet. ‘n Sagte woord keer die grimmigheid af.

Reinier ·

Dit is bitter moeilik wat jy hier noem…maar…dit gaan die beste ding wees om te doen!

Scalla ·

Chris, jy is in n mate reg, maar werk elke dag met hulle, dan is dit baie moeilik om so op te tree.

Marius ·

Daar is soveel ander voorbeelde waat wit op swart reg is maar hier is dit reg want die gesig doen seker sy werk . Ek dink aan twee sekuriteits manne wat n skelm gevang het en hulle is veroordeel . Ek dink aan die doodskis twee wat n skelm in n kis gedruk het . Ek dink aan die spur en kfc kwesie . So nou vra ek wat gaan met al die gesigte gebeur ???? Rig van n vuurwapen was en is n baie ernstige klag , so wat nou ??????? plus aanranding , betree van privaat eiendom en so kan mens aangaan .

Scalla ·

Volgens die persoon se optrede is hy nie bevoeg om n wapen te hanteer nie, kla hom aan.

pieter ·

Chaoties , die land gaan nie verander nie , praat gaan nie help nie , besef dit , met die klomp sal dit net verder agteruit gaan .
Wat het verbeter sedert 94 , is daar een goeie voorbeeld???

Michael ·

Hoekom wil iemand hoegenaamd nog ‘n wetstoepassingsbeampte wees?

Casper ·

Duidelik het julle nog nie gesien hoe word dinge in Amerika gedoen nie.Daar sou terminate 10 wapens op die man gerig gewees het.Maar ek stem.Die man was reeds in bedwang en geen bedreiging vir iemand nie.Ek sal graag will weet of die geweld gergverdig was.Weet iemand dalk wat die man verkeerd gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.