Metrobeampte geskiet tydens geweld ná verkiesing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Beampte van die eThekwini-metropolisie is Maandag in sy mond geskiet en gewond nadat ʼn betoging in Durban uitgebreek het weens inwoners se ontevredenheid met die verkiesingsuitslae.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die betoging het in Amaote in Inanda plaasgevind.

“Die betogers is na bewering ongelukkig oor die manier hoe die Onafhanklike Verkiesingskommissie die verkiesing in hul wyk hanteer het,” het Zwane gesê. “Hulle is nie gelukkig met die uitslae nie en was ondersteuners van ʼn onafhanklike kandidaat in die gebied.”

Tydens die munisipale verkiesing op 3 Augustus het altesaam 57 onafhanklike kandidate vir verskillende wyke in die eThekwini-gebied gestaan. Uit die 57 kandidate kon slegs vier daarin slaag om tot ʼn wyk verkies te word.

Zwane het gesê die situasie het intussen bedaar en die polisie is steeds in die gebied om dit te monitor. Die skietery word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Ek het werkers gister net na middagete die res van die dag vry gegee on na hul huise te gaan omsien, so dit verwarboel ‘n groter deel van die omgewing as bloot waar die onluste is.

Theresa B ·

Ag regtig mense!! Maak oop julle oë en hou op met al die snert. Kan ons asb liewe konsentreer om ons land te “herbou” en ons mense “op te tel”. Julle kies altyd geweld – kom net by!! Dit doen meer skade as goed. Draai bietjie net julle brein………………………..

Anti DA ·

Solank as wat die polisie nie misdaad voorkom en aanhou om misdaad te monitor sal die probleem net vererger binnekort wys die stakers hulle ongelukkigheid deur polisie lede aan te val.

Willie E ·

Hallooooo…hulle het reeds die polisie angeval…lees die berig weer…..

Jakes ·

Willie E, ‘n appel en ‘n peer lyk verskillend…berig lees “metro polisie”. Soos in nie ‘n Saps/ Polisiebeampte….glorified securityguard.

Jakes ·

Anti DA, behoort jy aan plaaslike inisiatiewe in jou gebied, bied jou hulp en kundigheid aan…dink jy sit op bank en kritiseer net mense en instansies wat jou ook veilig laat slaap.

Cherokee ·

Wel Jakes, verrassing vir jou…. somtyds maak die polisie gebruik van sekuriteitswagte om die polisie en die polsiestasie op te pas.

Rapes ·

Jakes ek was in die 70′ tigs in Durban toe het hulle alreeds hul eie polisiemag gehad wat as die stads polisie bekend gestaan het. Hulle was almal baie goed opgelei en het nie ‘n tree terug gestaan vir die sap nie. Ek glo hul behoort nog goeie opleiding ontvang.

Jakes ·

Presies! Goeie opleiding en trots!
Steeds Amanzimtoti…Ccpo vang skelms daagliks..regstelsel vaal net en môre beskuldiges karwagte in dorp..!

Jakes ·

Cherokee korrek! Het plaaslike stasiebev al gevra aangaande..en waarom buite stasie “onafhanklike carwatches” opereer…? En raadslid gevra waarom munisipale WERKNEMERS agtervolg word deur sekuriteitsfirmas- ons onafhanklike kontrakteure sorg ons self?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.