Metrobeampte gesoek na hy glo vriendin ontvoer, aanrand

Argieffoto

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is op die spoor van ’n 27-jarige beampte van die Ekurhuleni-metropolisie wat Sondagmiddag glo sy 24-jarige vriendin ontvoer en aangerand het.

Die beampte is by die EMPD se kantoor in Katlehong gestasioneer.

Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, sê dit word beweer dat die beampte omstreeks 16:50 ’n onderonsie met sy vriendin gehad het waarna hy haar aangerand het. Familielede het tevergeefs probeer om in te gryp .

“Die beampte het later na sy huis gegaan en sy dienspistool gaan haal. Familielede het hom probeer keer, maar hy kon daarin slaag om sy vuurwapen af te vuur,” sê Seisa.

“Buiten die dienspistool, het die beampte ook drie messe in sy besit gehad.”

Hy het toe glo sy vriendin met geweld gegryp en in die motor ingedwing. Hy het na ’n oop stuk veld, naby ’n klomp grafte, gery en gedreig dat hy haar gaan doodmaak.

“Die vriendin het op daardie tydstip ’n polisievoertuig gewaar en alarm gemaak.”

Die beampte is in hegtenis geneem en die polisie het op sy dienspistool en die messe beslag gelê.

Die vriendin is ernstig beseer en het mediese behandeling ontvang.

Opod-ondersoekers het Maandagoggend die dossier aangevra, maar dit was reeds deur die plaaslike polisiebeamptes in Edenpark na die hof verwys. Na die opvolg is vasgestel dat die saak nie op die hofrol geplaas is nie en die beampte is vrygelaat.

Die beampte is steeds op vrye voet.

“Opod het die saak oorgeneem en met ʼn senior staatsaanklaer in verbinding getree wat ’n lasbrief vir die beampte se inhegtenisneming uitgereik het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Maak mens bang om te dink dis van die mense wat ons moet beskerm en aan wie lewendige ammunisie gegee word

Genis ·

Nou hoe nou gehasie? Van die hofrol af? Ek ruik n rot, n stink rot… Mens sal noiu dink GBF word in n erenstige lig gesien? Ou Wane Minaar your people man???

Phillip ·

Gaan hulle die Poliesie ook aresteer om dat hulle vir Opod gelieg het en hom vreigelaat het . Dis hoe die Poliesie Ons Vaal elke dag

Keelvol ·

Dis nie polisie wat hom vrygelaat het nie, dis die hof. Die polisie het niks met die hof se besluit te doen nie.

Persheks Adri ·

Ek ruik omkopery mmmmmm. Die dossier is gerieflik weg en niks is op die rol nie. Laat mens wonder.

Keelvol ·

Die dossier is nie weg nie. Die saak is net die op die rol geplaas nie, oor onvoldoende bewyse. Dit kan baie dinge insluit, soos uitstaande verklarings van belangrike getuienis of selfs die klaer se verklaring kan onvoldoende wees.

Niklaas ·

Die saak is nie op die hof se hoofrol geplaas nie. Nou waarom nie? En die beskuldigde is vrygelaat. Niks verbaas my meer nie. Iemand word weer beskerm en dit gebeur gereeld, dink ek. En hierdie belaglikhede begin sommer openlik geskied deesdae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.