Metrobeampte gevonnis vir moord op vriendin

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis nadat hy sy vriendin verwurg en aan die brand gesteek het.

Lloyd Marutse Maleswena (29) het geen emosie gewys toe regter Mmonoa Teffo hom tot 18 jaar tronkstraf gevonnis het nie. Maleswena is Woensdag skuldig bevind aan die moord op Claudia Rapudi (24) in November 2011.

Teffo het bevind hoewel Maleswena nie die moord beplan het nie, hy Rapudi se dood moes voorsien toe hy haar gewurg het. Rapudi was ook ʼn metropolisiebeampte. Haar verkoolde oorskot is in haar motor se kattebak gevind in ʼn veld in Cullinan. Maleswena is in hegtenis geneem nadat hy aan ʼn priester bely het oor die moord.

Teffo het gesê Maleswena het sy vriendin vermoor omdat hy vermoed het sy was ontrou. Sy het gesê geweld kan nie meer in die Suid-Afrikaanse samelewing verdra word nie en dat die howe ʼn sterk boodskap aan voornemende kriminele moet uitstuur.

Clevio Rapudi, Claudi se nefie, het gesê hulle is bly dat Maleswena tronk toe gestuur is, maar dat hulle ʼn swaarder straf verwag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.