Metrobeampte in die sop oor ‘rassistiese’ uitlating

Konst. Malesela Rantshi. Foto: Facebook

Konst. Malesela Rantshi. Foto: Facebook

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn lid van die Tshwane-metropolisie (TMPD) na bewering op sosiale media gesê het dat wit mense “siektes” na Afrika gebring het.

Konst. Malesela Rantshi het na bewering in Engels op sy Facebook-blad geskryf: “Toe julle wit mense hier gekom het, het ons geëet en was ons gesond. Nou het al hierdie siektes saam met die wit mense gekom, daar was nooit siektes nie. Julle grond is in Europa, nie hier nie.” Op sy Facebook-profiel dui Rantshi aan dat hy ʼn lid van die TMPD is.

Senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, het aan Maroela Media gesê dat die Facebook-inskrywing onder hul aandag gebring is en dat die TMPD reeds vasgestel het dat Rantshi wel ʼn lid van die TMPD is.

“ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur oor ons lid se beweerde rassistiese aanmerkings. Die TMPD keur nie rassisme goed nie,” het Mahamba gesê. “In dié stadium is [Rantshi] nog by die werk terwyl die ondersoek gedoen word.”

Mahamba het gesê die TMPD het ʼn streng sosialemedia-beleid waarby lede moet hou. “Al ons lede is deeglik bewus van hierdie beleid,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
corne

En soos altyd sal daar niks van kom nie ……want dis n Swart Afrika man wat dit gese het teen n Wit Afrika man….

Pieter le Roux

Die beampte is histories korrek. Dis nie rassisties nie. Hy lug bloot sy oppinie. Hoop die berig word nie so geskryf ten doel om Afrikaner bloed te laat kook nie. Kom ons dink helder en dan lewer ons kommentaar.

Ruby

Mahamba, nou as die beleid so streng is, wat soek Malesela nog by die werk?

Paul

Wel, tegnies is hy moontlik korrek wanneer dit by sekere siektes kom. Nie aansteeklike siektes nie, want millennia se migrasie tussen Afrika en Europa het siektes soos pokke, die pes, tuberkulose, ensovoorts, in beide kontinente gevestig.
Wel sogenaamde “leefstylsiektes” soos diabetes en hartsiektes, asook siektes soos kanker. Die “probleem” met die argument is ongelukkig net dat, hoewel dit waar is dat sulke siektes selde in Afrika voorgekom het voor kolonisering, dit was omdat bitter min mense enigsins oud genoeg geword het in Afrika om hierdie soort siektes te kry.

annwen

Waarom nie geskors nie??