Metrobeampte sterf ook in Durban-skietery

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Sibonelo Ngcobo/ANA

ʼn Metropolisiebeampte is een van die drie mense wat in Maandag se skietery in ʼn woonstelblok in Durban, KwaZulu-Natal, dood is.

Die beampte se rol in die skietery moet nog vasgestel word, het sr.supt. Parboo Sewpersad, woordvoerder van die Durban-metropolisie, gesê.

Dit is wel in dié stadium bekend dat die 39-jarige beampte verbonde was aan die metropolisie se Albert Park-stasie.

Sewpersad het ook bevestig dat die beampte in die woonstel gebly het waar die skietery plaasgevind het. ʼn Afvaardiging van die metro sal intussen met die beampte se familie vergader waarna meer besonderhede bekend gemaak sal word.

ʼn Man en ʼn vrou is ook tydens die voorval doodgeskiet en vyf mense is beseer. Volgens paramedici is een van die beseerdes in ʼn kritieke toestand. Die toneel is as ʼn “bloedbad” beskryf deur paramedici.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat daar op ʼn vuurwapen beslag gelê is.

Die woonstelblok is glo naby die Durbanse hooggeregshof en ʼn polisiestasie geleë.

Die presiese omstandighede rondom die skietery is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannes ·

Daai forensiese sak waarin die vuurwapen in is, is nie geseël nie. As daar strafregterlike klagtes gaan kom teen een van die oorlewendes kan enige prokereur aanvoer dat daar met die vuurwapen gepeuter is na die tyd want korrekte prosedures is nie gevolg nie. So die saak kan vinnig uitgegooi word.

DA BO ·

Ons hele land is n bloedbad. Dis die grootste skandaal en mensevergrype wat in die ANC se sogenaamde free land gebeur. En dis net die begin hierdie.

Johan ·

Waarom het ‘n polisie beampte in ‘n studente blok woonstelle gewoon? Of het ek die saak verkeerd verstaan

At Dippenaar ·

Huismoles wat skeefloop onder polisie en metrobeamptes agv ‘n skelmpie iewers in die prentjie is al deel van die Suid-Afrikaanse landskap. Sal maar sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.