Metrobeampte twee keer in kop geskiet

Die voertuig waarin die beampte geskiet is. Foto: Via Twitter

Die voertuig waarin die beampte geskiet is. Foto: Via Twitter

ʼn 36-jarige beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is in ʼn kritieke toestand in die Millpark-hospitaal nadat hy Maandag tydens ʼn wilde jaagtog twee keer in die kop geskiet is.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, het Dinsdag aan Maroela Media gesê JMPD-beamptes het op die Goue Hoofweg naby Vlakfontein motors vir spoedoortredings van die pad afgetrek.

“ʼn Beampte het die bestuurder van ʼn Volvo wat te vinnig gery het van die pad afgetrek,” het Minnaar gesê. “Daar was ses insittendes. Die beampte het gesien die mans was gewapen en het hulp ontbied toe die Volvo van die toneel weggejaag het.”

Die vuurwapend waarop beslag gelê is.

Die vuurwapend waarop beslag gelê is.

Die beamptes het die voertuig agternagesit en oor die radio bystand van die polisie en metropolisie ontbied. Tydens die wilde jaagtog het die verdagtes vanuit die Volvo op die metropolisie geskiet. Die metropolisiebeamptes het teruggeskiet. Die een beampte is tydens die jaagtog twee keer in die kop getref terwyl hy in die voertuig was.

Minnaar het gesê die beampte is met ʼn SAPD-helikopter na die hospitaal geneem. Hy het Maandagaand ʼn operasie ondergaan en is steeds in ʼn kritieke toestand.

Die verdagtes het later in die Vlakfontein-informele nedersetting te voet probeer vlug.

Drie van hulle is in hegtenis geneem. Drie verdagtes is steeds soek. Die polisie het op twee onwettige vuurwapens beslag gelê.

Minnaar het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wonder net ·

…..word gesteel na plaasaanvalle en gewere wat by SAPs ingehandig word

Theresa B ·

Hoop die beampte kry goeie behandeling en dat hy sal herstel. Goeie vraag Ben – wil ek ook so graag weet.

Paul ·

Dit word deur die korrupte polisie aan hulle verkoop. As jy gaan kyk al daai gewere is ou polisie gewere of die van wat mense ingehandig het weens die lisensie wet. Daar is duisende wat verdwyn het. Jy kan so geweer koop teen slegs R200

B ·

Dit kom van al die gretige mense wat hulle vuurwapens so graag gaan in gee het by die polisie stasies.Dit word by hulle agter deure weer uitgedeel..

Rudie ·

Sal ook graag wil weet hoe dan nou met vuurwapens. Dis reg ons lewe nou in die tyd van die Wilde Weste, of jy wil of nie maak soos die “cowboys” dra maar jou vuurwapen aan jou sy en oefen om dit te kan hanteer op die vinnigste en akurate manier nie net om dood te skiet nie, maar hom te laat besef jy is beter en dit sal hul waarskynlik die skrik op die lyf jaag en tweekeer dink voor hulle n aanval probeer. In my 72jaar was ons blankes nog altyd die minste, staan saam manne maak jou gereed en verras die aanvallers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.