Metrobeampte tydens huisroof doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Beampte van die Tshwane-metropolisie (TMPD) is Woensdagaand tydens ʼn huisroof doodgeskiet.

Snr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beampte was by sy huis in Winterveldt toe die voorval omstreeks 20:00 plaasgevind het.

“Na bewering het drie gewapende mans die beampte se huis binnekom terwyl hy en sy gesin saam tuis was. Hulle het selfone, bankkaarte, ʼn skootrekenaar en sy motorsleutels geëis. Hulle het hom daarna geskiet,” het Mahamba gesê.

Twee van die verdagtes het balaklawas aangehad. “Die verdagtes het gevlug met sy Audi A4. Die beampte is na die naaste hospitaal gehaas, maar is by sy aankoms dood verklaar,” het Mahamba gesê. “Sake van huisroof en moord is aanhangig gemaak en word deur die polisie ondersoek.”

Volgens Mahamba is die drie verdagtes nog nie vasgetrek nie. Die polisie het versoek dat enigiemand met inligting oor die voorval die polisie moet kontak by 012 358 7095/6 of 082 891 8625.

“Die TMPD is diep geskok ná die voorval en sal die familie bystaan met berading. Ons sal ook saam met die polisie werk om die skuldiges vas te trek,” het Mahamba gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lee ·

Ai dis verskriklik. Sterkte aan die familie. Hoekom moet hulle altyd moor??? Plaas hulle net vat wat hulle wil hê en loop!! En as hulle gevang word sit hulle altyd kop onderstebo maar dink nie dat hulle ‘n hele familie se lewe verwoes het nie.

leon ·

Ongelukkig bevind ons onsself in n sisteem, verrot tot die been. Hierdie sisteem skep en laat geweldadigheid floreer. Net God kan n verandering bring. My innige simpatie aan gesin en naasbestaandes

Anoniem ·

Hoekom word daar nie gepraat van swartmens of blanke nie? Hoe help dit enigsins ons so berig te plaas?

Cherokee ·

Ék stem met jou saam – maar beslis nie die kleurlose Maroela Media nie.

AL ·

Ras mag nie genoem word in mediaberigte nie.
Slegs wanneer regstellende aksie op aansoekvorms vir werk toegepas word – dan is ras BAIE BELANGRIK!

Regtig ·

Werklik mense n goeie mens is vermoor en jul bekommer oor sy kleur! Veroordeel slegte mense alle kleure het slegtes en goeies.

Cherokee ·

Wanneer daar in swart koerante vertel word van moorde op blankes, word daar ook (soveel) simpatie uitgespreek? Nie dat dit werklik ‘n oorwegend behoort te wees nie maar net ‘n vraag wat interessantheidshalwe gevra word omdat as die antwoord negatief is, is dit nog iets wat op kultuurverskille dui.

Aubrey Vermaak ·

Hallo Anoniem. Ek weet nie waar jy bly nie, maar Winterveld is n swart woonbuurt noord van Shosanguve. So die beampte is beslis swart. Maar ras maak nie saak nie. Die metro beamptes dien ons almal ongeag ras of geloof. Jammer om te hoor.

Anoniem ·

Ek hoop hierdie koelbloedige moord van ‘n metro beampte word opgelos. Amper 5jaar wat ‘n metro beampte koelbloedig vermoor is by Wonderpark Sentrum. Niks is nog bekend oor hiedie moord nie. Sterkte aan hierdie famielie.

Tanya ·

Dit is hoe hulle rol hier in SA. Misdaad het geen kleur nie. As hulle soek wat hulle wil he, gaan hulle dit vat, ongeag watter ras of nasie jy is. Ek is seker die man het hulle alles aangebied maar nogsteeds het hulle dit nodig geag om sy lewe te neem. Vir solank sood Zuma dink hy is in beheer en vir solank sy “comarades” hom volg, sal dit so gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.