Metrobeampte vas ná hy glo dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kaapse metropolisiebeampte het bedank nadat hy in hegtenis geneem is op aanklag dat hy sy dogter verkrag het.

Die 41-jarige man van Grabouw is Sondag in hegtenis geneem. Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die 17-jarige meisie is glo gedwing om met haar pa seks te hê.

“Die verdagte het Dinsdag in die Grabouw-landdroshof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 17 Junie uitgestel,” het Van Wyk gesê.

Die Son het Vrydag berig dat die beweerde verkragting glo verlede Saterdag plaasgevind het in die huis wat die tienermeisie met haar pa deel.

Richard Bosman, Kaapstad se uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, het bevestig dat die beampte Vrydag met onmiddellike effek bedank het. “Hy het nie teruggekeer werk toe ná sy inhegtenisneming en hofverskyning nie,” het Bosman aan News24 gesê.

Volgens Bosman sou die beampte geskors geword het indien hy nie bedank het nie. Die beampte se skorsing sou van krag gebly het tot na die afhandeling van ʼn interne dissiplinêre proses en die hofsaak.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neptunus ·

Stad Kaapstad moes hom in die pad gesteek het voor hy kon bedank. Nou gaan hy elders werk sonder dat hierdie bewerings op sy diensrekord verskyn. Dis mos maar hoe meeste regeringsamptenare maak wat in warm water beland: Spring voor hulle gestamp word.

nie korrup ·

Neptune ek is staatsdienswerker en geneig om.nie saam te stem. Daar is n amptenaar by kultuursake en sport weskaap wat al sedert 2007 “gedros” het sy kry tot vandag toe nog haar salaris, bonus en ALLE voordele. ! So dros maar eerder as om te bedank dan kry jy nog lekker pay. Ek hoop die nuwe minister volg dit op

Neptunus ·

Dis sleg man. En dan is daar die geval van Regter Motata wie onder die invloed van sterk tee iemand se muur met sy Jag platgery het. Hy is ook by die huis met volle voordele, ten spyte van sy rassistiese uitlatings.

Peet Schabort ·

Daar is kommentaar van my wat nie geplaas word en daar is NIE vloekwoorde by.
Ek kan net vir hierdie polisieman sê dat jy slegter is as leeu$!’@(? Word daar nie gedurende opleiding in julle koppe ingehamer dat julle nie ‘n verleentheid moet wees vir julle beroep? Ek dan kom jy en jy verkrag jou eie bloeddogter. Eintlik het ek nie woorde om jou gedrag te beskryf. Onlangs is daar vier geregsdienaars naby Middelburg gevang vir renosterstropery. Hoe lank gaan dit nog vat om van hierdie SAPD-lede ontslae te raak wat by die agterdeur ingesluip het?
Ons raak nou moeg om van polisiemisdade te lees. SIES!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.