Metrobeampte vas ná hy omkoopgeld aanvaar

Argieffoto

ʼn Metropolisiebeampte is Donderdag in hegtenis geneem vir omkopery en korrupsie ná hy glo R100 omkoopgeld aanvaar het.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie het gesê hulle het ʼn klagte gekry rakende die beampte wat glo om 11:00 die omkoopgeld in Soshanguve aanvaar het.

“Ons het blitsig al die inligting versamel en die beampte is om 14:55 vasgetrek,” het Mahamba laat hoor.

“Die Tshwane-metropolisiedepartement keur nie korrupsie goed nie. Ons verwyt onsself ten diepste dat van ons beamptes korrup is, ons sal aanhou om hard te werk om hierdie beamptes uit te roei,” het Mahamba gesê.

Hy het lede van die publiek gevra om nie omkoopgeld aan te bied nie en die optrede van hul beamptes by 082 891 8625 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ander Annie ·

Daar is baie wat dit doen. Om 1 van die baie te vang is nou regtig nie ‘n prestasie nie.

Rocky ·

There are bigger fish to fry. Nou konsentreer julle op een knaap wat R100 gevat het, maar julle mis die ander wat duisende vat van mense en motoriste aanrand ? Dis nou tipies, konsentreer altyd op die maklike teikens .. Daardie was nou nie rocket science nie.

Lucas ·

Ek stem saam met jou Annie. Hulle kan 10 ‘n dag vang as moeite gedoen word daarmee want meeste doen dit asook Provinsiale beambtes. Hoe weet ek dit? Want ek was al deur beide genader op ‘n indirekte manier.

Ander Annie ·

Ek ook Lucas. Hy wou my kamstag ‘n boete gee vir my kar se nommerplaat wat die vorige aand afgeval het, maar wat ek toe maar voor in die venster gesit het. Ek was juis oppad om dit te laat regmaak. Toe wys ek hom hoe leeg my ou beursie is. Sy gesigsuitdrukking was prysloos.

Scalla ·

Daar is sy loopbaan in sy kanon en dit vir R100. Dit moes beslis nie die eerste keer gewees het nie.

Mattewis ·

Aggenee wat, sy loopbaan is ver van verby. Hy sal ingeroep word en daar sal aan hom gese word dat hy nie so onverskillig moet wees as om homself te laat uitvang nie. “Better luck next time” en dalk kan hy en sy bevelvoerende offisier volgende keer die winste deel.

alida ·

Dit is ‘n prestasie om een te vang. Die ander sal dan versigtiger wees. Wees tog net dankbaar dat die DA iets probeer om die korrupsie uit te roei. Waarmee gaan julle tevrede wees? Dit lyk my met NIKS. Kry iets konstruktiefs om julle mee besig te hou en hou op kla oor alles.

Ander Annie ·

Nee wat 1 gevang is nie eers 1 teeblaar in ‘n tee koppie nie. Dit is geen gekla nie, dit is ‘n felt.

Johan ·

Het die nommer 0828918685 geskakel en persoon het nie geweet waarvan ek praat, klink of sy ook tans by n Kleuterskool of plek is waar baie kinders speel.

Ander Annie ·

Ek wou ook die nommer bêre. Seker maar ‘n foutjie. Siestog die arme vrou gaan nou baie oproepe kry. :-)

Janie Monsieur ·

Dagsê Johan.
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die glips! Ons het per ongeluk die nommers verkeerd geskryf! Die regte nommer is: 082 891 8625. Ons het die nommer in die berig ook gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Liza ·

Ek dink daar is baie ons hoor net nie altyd van alles nie…….Stem saam met jou Ander Annie….
R100.00 nee hel dis te min ……….en dan om jou werk te verloor……..maak dit die moeite werd…..

al ·

R100 rand aanvaar deur omkoopgeld, jou hele werksekuriteit en inkomste daarmee heen.
Vandag is dit R100 en oor 5 jr? Dit sal nie stop nie.

Snoefels ·

Ag nee man ! Daar gaan my contact hehe.. hulle soek gedurig fout met my en R100 is baie beter om te betaal as R500 omdat my gloeilamp nie werk nie, ware storie

Philip Koen ·

Daar word gereeld een gevang en hul weet hul kan gevang word maar aapgevreet kan hom net nie self beheer nie…

Johann Marx ·

Hierdie is NET korrupsie vir julle spul bleekgesigte. Vir die res van die populasie is hierdie gedrag heeltemal aanvaarbaar…..want hy doen vir jou iets, en jy gee vir hom iets….Dis mos nie korrup nie? Dis eerlike werk!!! Jy kan onmiddelik verder ry, en hy hou die howe leeg van onbenullige verkeersoortreding-sake sodat hulle hulle met belangriker goed kan besig hou….soos tee-tyd en vroeg loop.!! Dit bly amazing dat blankes al meer as 300 jaar in Suid Afrika is…en NOG STEEDS nie weet HOE die kulture hier werk nie?? Komaan mense, dink bietjie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.