Metrobeampte vas oor dwelms

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Durbanse metropolisiebeampte is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 29-jarige beampte is Donderdag in Wentworth in hegtenis geneem. “Polisiebeamptes is na die verdagte se woonstel, waar hulle hom glo betrap het waar hy kokaïen in klein plastieksakkies pak en hy is in hegtenis geneem.”

Volgens Zwane is daar op dwelms met ‘n straatwaarde van R35 000 beslag gelê. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Wentworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Is dit nie ook dalk dwelms waarop die polisie self beslag gelê het en wat nou skielik uit hulle besit verdwyn het nie? Ek hoop hulle stel BEHOORLIK ondersoek in!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.