Metrobeampte vas oor omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Metropolisiebeampte is in Protea Glen naby Soweto in hegtenis geneem nadat hy ʼn vragmotorbestuurder glo vir omkoopgeld gevra het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte het die bestuurder se lisensie gevat en omkoopgeld geëis.

Die vragmotorbestuurder het die polisie van die voorval in kennis gestel en die beampte is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat daar ʼn lokval vir hom gestel is.

Die metropolisiebeampte sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.