Metrobeampte vas oor straatren

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kaapse metropolisiebeampte is die naweek in hegtenis geneem nadat hy glo aan ʼn onwettige straatren deelgeneem het.

JP Smith, burgermeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die beampte is Sondag in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. “Dit is regtig teleurstellend dat een van ons by dié soort aktiwiteit betrokke was.”

Die beampte was een van tien verdagtes wat oor die naweek op aanklag van roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem is. Sewe verdagtes is op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem, terwyl nog ʼn verdagte in hegtenis geneem is oor ʼn vervalste bestuurderslisensie.

Volgens Smith is verkeersbeamptes ook deur ʼn kwaai Ferrari-bestuurder gedreig nadat hulle hom van die pad af getrek het aangesien sy motor nie ʼn voorste nommerplaat gehad het nie. Die man het glo foto’s van die beamptes geneem en gedreig om dit aanlyn op te laai. “Die arrogansie van die motoris wys duidelik die gebrek aan respek vir die gereg,” het Smith gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

“Arrogansie van die motoris wys duidelik die gebrek aan respek vir die gereg” het Smith gesê. Mnr Smith…..respek word verdien, en nie afgedwing omdat jy ‘n uniform en ‘n gun dra nie? As jy my met respek behandel, sal ek respek vir jou hê…..maar as jy na my voertuig toe stap nadat jy my afgetrek het en die gesprek begin met “I am the law..and there’s nothing you can do about it!”….gaan ek jou ook so behandel. Daar is hopeloos teveel beamptes wat dink hulle kan maak en breek nes hulle wil, en mense links en regs beledig en intimideer…omdat hulle ‘n uniform dra.

ig ·

Ek ry gemiddeld 6000 km n maand en word dikwels afgetrek vir n ‘inspeksie’ .My voertuie is baie sigbaar met my besigheid se logo ens is baie prominent aangebring.Ek word basies met twee vrae verpes deur die beamptes, (1) Het jy nie n werk vir my broer/seun nie (2)Het jy nie iets om te drink nie.? My voertuie word nie eers ondersoek nie.Soveel vir respek afdwing.

Eddie ·

Dit is so hartseer dat die dinge so uitmekaar val in ons land. Ek is eerlik as ek se ek het GEEN respek vir die manne in blou of Metro nie. Respek moet verdien word dit is so waar Johann. Daar is hoeveel keer nou al bewys dat daar 90% van die SAP betrokke is met iets onwettigs. So nou my vraag hoe kan ons hulle respek gee en hulle doen wat hulle wil. Dit begin seker maar van bo af want as jy kyk na die klomp in die Government dan kan mens verstaan dat almal van hulle dink hulle is untouchable. Waar is die goeie ou dae waar hulle nog trots gehad het om daai uniform aan te trek. Kyk maar van al die staats instansies hoe gaan dit. Nee vrek iemand moet nou begin wakker skrik en iets begin doen. Teen die trand is daar meer boewe met uniforms as wat daar op straat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.