Metrobeampte vas vir moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die 45-jarige beampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 25-jarige man doodgeskiet het en nog ʼn man geskiet en gewond het in Dobsonville, Soweto.

Die beampte, wat van diens af was en met sy eie motor gery het, beweer die mans het hom probeer kaap. Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die verdagte het die twee slagoffers genader waar hulle by ‘n vrou gestaan en gesels het.

Volgens Makhubela het daar ʼn stryery uitgebreek nadat die verdagte glo die vrou probeer oortuig het om saam met hom te gaan. Die verdagte het glo ʼn vuurwapen uitgepluk en een van die mans in bolyf geskiet en die ander man in die hand geskiet.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.