Metrobeampte vas weens omkopery

Tshwane-metropolisie. (Argieffoto)

ʼn Beampte van die Tshwane Metropolisie gaan Maandagoggend in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie. Dié 41-jarige polisiebeampte is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld van motoriste geëis het.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), het gesê dié polisiebeampte is op die R80-afrit in Pretoria vasgetrek terwyl hy glo omkoopgeld van ʼn motoris wou eis.

Hy het na bewering R400 omkoopgeld van motoriste geëis om te keer dat hulle ʼn boete kry nadat hulle verkeersreëls oortree het.

Inwoners kan gevalle van korrupsie en omkopery aanmeld by 0861 400 800 of ʼn WhatsApp stuur na 083 293 7989.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wielspore ·

Januarie is n lang maand, die man se salaris is seker klaar en KFC is seker vir hom lekker. Met R400 kan jy ruim porsies KFC koop !

Doris ·

Die meerderhied van hulle trek jou van die pad af. Hulle soek almal net omkoopgeld die anderdag het een ons afgetrek toe neem ek n foto van haar maar toe is alles vinnig verby.Hulle staan gereeld op die brug met die pad wat na die laerskole gaan en dit gaan net oor omkoopgeld moenie eers praat hier in Van der Hoffweg die dam pad nie. Plaas dat hulle in D.F.Malan staan ek kyk hoe die Taxis oor die Rooi verkeersligte ry. Maar nee daar sien jy hulle gladnie. Hulle moet net in Mootstraat ook kom kyk wat in die oggende daar aangaan.Trek hulle almal vas want hulle kry meer as genoeg geld.

Speel saam ·

Hulle trek my af in Potgieter straat en begin met “Ons het ‘n probleem. Hoe gaan ons nou maak” storie. Ek het ‘n passasier as ooggetuie. Ek sê hom reguit “Ek het nie geld vir ‘n bribe nie, sal hy ‘n Coke vat?” Hy voel aan die Coke en reken toe dis koud genoeg. Daar gaan ons. Hy het nie eers ‘n oog geknip toe ek van bribe praat nie. Hulle is so gewoond daaraan dis nie eers ‘n belediging nie.

Arie ·

Een gevang geluk!!!! Die meeste soek geld maar loop vry rond

Potjie ·

En die oortreder se naam is…? Hoekom maak hulle nie die name van die verkeersmanne wat betrap word bekend nie. Een van my vorige buurmanne is ook n verkeersman en hy lewe soos n koning. Toevallig is dit n groot grap waneer hy besope vertel hoe hy motoriste vra “soooo e e e what are we going to e e e talk about today iejesss..” Dit sal goed wees as hulle uitgelig word sodat ons ook vir hulle kan kyk met n waarsku in die oë, al loop hy net in die erf rond of in die mall met sy 3 trollies vol kos. Ook maar goed en lekker skelm. Plus hy kom daagliks daarmee weg.

koos ·

Sonder om die beamptes wat omkoop geld aanvaar te verdedig, want ek veroordeel dit ten sterkste, moet net die volgende vraag ook gevra word: “Is jy bereid om dit te betaal?” As jy is moenie kla nie.
Speel saam, jy is net so skuldig soos die beampte wat die geld gevra het! Dit vat twee partye om korrup te wees. As jy die wet oortree word jy gestraf, en as jy voel jy is onskuldig kan jy jou saak in die hof gaan stel.

JohanR ·

Die TMPD is die mees verskriklike Metropolisie in die land. Dankie tog ek bly nie in Pretoria en Johannesburg nie. Het al gesien hoe hulle tekere gaan in die Pretoria middestad – hulle is soos diere op tik! Die dag sal nog kom dat hulle nie eers meer gepla kan wees om ‘n boeta te gee nie, maar jou sommer daar in jou kar doodskiet vir ‘n oortreeding. Ek se weer DIE TMPD IS DIE MEES VERSKRIKLIKE METROPOLISIE IN DIE LAND!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.