Metrobeampte wat meisie skiet neem eie lewe

Argieffoto

Die metropolisiebeampte van Boikhutsong naby Brits in Noordwes wat vandeesweek soek was nadat hy sy meisie glo doodgeskiet het, het sy eie lewe geneem.

Maroela Media het vroeër berig die man was glo vir ʼn tyd weg van sy huis toe hy sy meisie en haar eks-kêrel met sy terugkeer na die huis opgespoor het. Daar het glo ʼn rusie tussen die drie partye ontstaan, waarna die metropolisiebeampte sy pistool uitgepluk en skote op sy meisie afgevuur het. Sy is noodlottig gewond in die voorval.

ʼn Grootskaalse soektog is vandeesweek na hom van stapel gestuur.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, het die beampte se selfmoord bevestig.

Volgens Mahamba het die man glo na KwaZulu-Natal gevlug en in dié provinsie by ʼn vriend gebly voor hy sy eie lewe geneem het.

“Volgens die inligting wat ons het, het die beampte homself met sy vriende se pistool doodgeskiet nadat hy dit uit die kluis gehaal het. Die departement is geskok deur die voorval en betuig hul medelye aan sy familie en kollegas,” het Mahamba gesê.

Daar is nog geen teken van die man wat ook by die oorspronklike voorval betrokke was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daan ·

Die Metro sal die polisie lede beter moet keur. Hoeveel is daar wat dalk nie bevoeg is om `n vuurwapen te besit nie. Ons privaat mense word streng gekeur voordat ons `n lisensie mag he.

Michael ·

Die klink nie reg ek dink al die skietwerk is met die metro se vuurwapen gedoen omrede hulle nie wapenbeheer toepas nie hoop hulle leer hieruit voor nog onskuldige mense sterf

Johann Marx ·

Ek was nog altyd gefassineer deur situasies soos die…..en as ek my lewe oor kon leef, sou dit my studierigting gewees het, want WAT motiveer ‘n mens om ‘n situasie soos hierdie op so ‘n manier te hanteer? Wat is jou denkpatroon as jy ‘n situasie beleef, en dan die besluit neem om ‘n vuurwapen te vat en die persone wat nie wil doen wat jy wil hê hulle moet doen nie, se lewens te be-eindig, en dan uiteindelik jou eie lewe ook. Is dit die uitkoms wat jy wou gehad het? Wie het daarby gebaat? Hoekom kon jy nie net die situasie beoordeel, besluit dat dit jou nie pas nie, die lesse daaruit leer, en wegstap na ‘n nuwe lewe en ‘n tweede of selfs derde kans om gelukkig te wees nie? Is optrede soos hierdie gekoppel aan emosionele intelligensie? Hoekom kan mense hulle woede nie onder beheer hou nie?

Fluiter ·

Baie mense sou dalk so reageer het in so n n situasie,vat net n oomblik van swakheid om n verkeerde besluit te neem en jy boet veraltyd vir dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.