Metrobeamptes deur onwettige mynwerkers aangeval

Bystand wag naby die toneel waar daar op twee metrobeamptes geskiet is. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Bystand wag naby die toneel waar daar op twee metrobeamptes geskiet is. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Twee metropolisiebeamptes is laat Donderdagmiddag deur ʼn groep van sowat vyf onwettige mynwerkers by ʼn goudmyn in Benoni aan die Oos-Rand aangeval.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, metropolisiewoordvoerder, het gesê die beamptes het die omgewing gepatrolleer toe die voorval plaasgevind het.

“Die verdagtes het uit die bosse gespring en op die beamptes losgebrand,” het Kgasago gesê. “Die beamptes het teruggeskiet, en bystand ontbied.”

Die aanvallers het gevlug toe die polisie by die toneel opgedaag het.

“Die polisie het hulle nie agternagesit nie omdat die terrein te onveilig is, en dit reeds te donker was.” Die ondersoek na die voorval het Vrydagoggend hervat.

Geen beserings is aangemeld nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jeanetta Taljaard ·

Daar moes lankal van al hierdie immigrante ontslae geraak geword het. Suid Afrikaanse burgers ly onder hierdie mense wat glad nie hier hoort nie, maar net hierna toe kom vir die sous potte. In hulle lande sal hulle nie eers daaraan dink om op die polisie of Metro polisie te skiet nie, want hulle weet dat die straf baie swaar is.

Lillian ·

Ons kla so maklik maar ons laat gods water oor gods akker loop … Letterlik! Kyk ander pad as ons dink ons sien iets on wettigs.

As ons saamstaan en lawaai maak kan hierdie gemors uitgeroei word.

Asjas ·

Lillian jy is reg. Ek is een van daai mense maar ek begin ook al moed opgee want almal lag my af en maak ‘n bespotting van my. In my opinie, as jy nie die klein wette van ons land soos stop by ‘n stop straat gehoorsaam nie, is jy erger dinge magtig. Met hoe meer jy wegkom, hoe meer toets jy daardie grense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.