Metrobeamptes vang man met brandweerradio

Die radio waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Beamptes van die Tshwane-metropolisie het ʼn personeellid van ʼn private ambulansdiens in hegtenis geneem nadat ʼn brandweerradio glo in sy besit gevind is.

Die beamptes was besig met roetine-misdaadvoorkomingspligte toe hulle Sondag omstreeks 08:00 die brandweerradio in ʼn ambulans van ʼn private ambulansdiens opgemerk het.

“Die ambulanspersoneel het in die omgewing van Steve Bikoweg in die ambulans vir ʼn noodgeval gewag. Hulle het vermoedelik die radio gebruik om na oproepe van die brandweer te luister en sodoende op noodgevalle en ongelukstonele te reageer,” het ʼn beampte van die metropolisie Dinsdag aan Maroela Media gesê.

ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem en na die Pretoria-Sentraal-polisiestasie geneem. Hy sou na verwagting Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere. Daar kon nie dadelik vasgestel word of hy op borgtog vrygelaat is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christo ·

Jammer maar ek sukkel om te verstaan hoekom nie alle ambulanse n so n radio het nie, dit is nie asof hulle die mense benadeel nie of hoe ?

Amelia ·

Se ek ook. Eintlik is hulp dan mos vinniger op die toneel? Ek verstaan nie mooi die een nie.

Piet Pompies ·

Twee rigting radios word deur ICASA gereguleer en elke radio wat ingevoer of vervaardig word beskik oor ‘n reeksnommer. As die radio verkoop word, word die reeksnommer verbind met die lisensie houer. So elke twee rigting radio kan verbind met die eienaar.

Vermeende ·

Glo my, as een van my mense in n ongeluk is dan hoop ek dat elke privaat ambulans so n radio het om te reageer voor die staatsambulans daar aankom.
As jy in nood is en hulp nodig het dan maak dit nie saak hoe die eerste hulp wat opdaag daarvan uitgevind het nie.
Los die man, hy help mense!

PJC ·

Nooit geweet ambulansdienste raak nou soos insleepdienste en storm almal na ongelukstonele nie. Besigheid moet seker vrek skaars wees.

Wors ·

As jou huis brand en die brandweer maak dit nie in tyd om jou gesin te red nie, dink jy nie die ambulans manne sou dan n beter werk kon doen om eerder jou gesin se lewens te red as om te wag vir ‘n brandweerman met beperkte noodhulp. Ek was al op so toneel waar ‘n gesin rook in geasem het en toegesien het hoe hul huis af brand terwyl die brandweer “oppad” was maar eers omtrent 40 min later daar aangekom het. Ons moes maar in span om van die gesinslede self hospitaal toe te vat want die brandweermanne aan diens was vrywillige werkers… ek sê maar net…

Bokka ·

En wat nou wat is nou eindelik die problem,die cops hou hul nou regtig met nonsens op,los die man.

Baas ·

Die radio kan nie privaat gekoop word nie, dit is gest eel as dit in besit van ander is, behalwe n brandweerman

Daan ·

Whippie die ambulans is gevang maar elke insleep voertuig het n polisie radio

Hans ·

Mense kla oor korupsie en diefstal, tog wil hul dit nou selekteif laat toepas. Klink vir my soos wat die anc se denk wyse is.
diefstal is diefstal maak nie saak hoe groot of klein nie. As hy dit regmatig besit goed so, tog reken ek dit kan nie. Ja al wat n aasvoel is het dit ook of n tipe van n radio. Dit is onwettig en dit is hoe dit is. Ons almal kla te maklik en besef nie dat wanneer jy oor die spoedgrens ry oortree jy ook die wet. Ek kyk so wanneer ek ry en daar is wynig dat ek opmerk dat die speodgrens gehandhaaf word, word dit gedoen dan is almal agter die boos, flits ligte druk toeter en skree snedige woorde na die persoon wannneer hul verby gaan. so wat nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.