Metrobus-staking verby

Argieffoto.

Argieffoto.

Metrobus het ʼn ooreenkoms met stakende werkers bereik om ʼn einde te bring aan die afgelope staking.

Virgil James, woordvoerder van Metrobus, het gesê vervoerdienste sal Woensdag hervat word. Busbestuurders het Vrydag begin staak omdat hulle ongelukkig is oor dienste om die busse te inspekteer en kaartjies na te gaan wat na ʼn buitemaatskappy gekontrakteer word.

Volgens die busbestuurders het die uitkontraktering tot gevolg dat hulle nie self tot inspekteurs bevorder kan word nie.

Die munisipale werkersvakbond Samwu het Metrobus se aanbod aanvaar om bestuurders op te lei om ook inspekteurs te word.

Metrobus, wat deur die Stad Johannesburg besit word, vervoer meer as 90 000 mense op 229 roetes per dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lance ·

Tydelik verby ….ons weet mos almal daar kom weer n staking …hopenlik somder n vuurtjie next time

Koos ·

Hulle sal wel weer aan iets dink om oor te staak miskien die kleur van die busse of iets soortgelyk onbenullig.

Hein ·

O ek het nie agter gekom daar was ‘n staking nie. Die busdienste lewer geen werklike bydrae in ons gemeenskappe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.