Metrolid met skietwond in Durban gevind

(Foto: SA Polisie)

Die liggaam van ʼn metropolisiebeampte is vanoggend met ʼn enkele skietwond aan die kop in sy voertuig digby die ou lughawe op die N2 in Durban gekry.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die metrobeampte was nie aan diens nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word na die voorval gedoen.

Dit was ʼn dodelike week vir polisiebeamptes.

Maroela Media het vroeër berig lt.kol. Leroy Bruwer (49), ʼn speurder van die Valke, is Dinsdag vermoor in wat moontlik ʼn sluipmoordaanval kon wees.

Bruwer, ʼn gesoute speurder, is in sy motor buite Mbombela (Nelspruit) met ʼn aanvalsgeweer doodgeskiet.

In nog ʼn voorval is Thinandavha Stanley Mudau (52), ʼn polisielid verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Thohoyandou, Sondag wreedaardig met ʼn panga doodgekap. Hy wou ʼn verdagte ondervra toe dié hom glo aangeval het.

En in nog ʼn voorval het ʼn taxibestuurder ʼn Kaapstadse verkeersbeampte in Kensington doodgeskiet. Die beampte het die taxibestuurder vir ʼn verkeersoortreding in hegtenis geneem. Die bestuurder het die beampte op pad polisiestasie toe oorrompel en doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Africangrey ·

Ag nee man, so onnodig, baie sterkte vir al die mense wat hulle liefgehad het wat agterbly, dis helde wat gesterwe het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.