Metropolisie-egpaar vas oor gesteelde voertuig

Drie persone, waaronder twee beamptes van die Tshwane-metropolisie, is in hegtenis geneem in verband met die besit van ʼn gesteelde voertuig.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Dinsdag gesê die TMPD en die SAPD ondersoek ʼn saak van ʼn voertuig wat op 22 Februarie in Eldoraigne, Centurion, gesteel is. “Beamptes het Maandag inligting ontvang oor die voertuig. Dit is by ʼn huis in Philip Nel Park in Pretoria-Wes opgemerk,” het hy verduidelik.

Die beamptes het die wenk opgevolg en ʼn klopjag uitgevoer by die perseel. “Die voertuig is gevind en een verdagte, ʼn vroulike TMPD-konstabel, is in hegtenis geneem in verband met die gesteelde voertuig. Nog twee verdagtes, wat met die misdaad verbind word, is in Atteridgeville aangekeer. Een van dié verdagtes is tans besig met opleiding by die TMPD en getroud met die vroulike konstabel.”

Mahamba het gesê die voertuig het vervalste nommerplate en ʼn lisensieskyf gehad.

“Al die verdagtes is in hegtenis geneem en word by ʼn plaaslike polisiestasie aangehou. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

willem Botha ·

Goeie ding hulle is gevang ,slegte ding dat hulle by die polisiestasie aangehou word kanse is nou goed hulle gaan ontsnap ,pleks skuif hulle die gevangenis na n 24 uur apteek ek glo hulle sal dan by die hof uitkom.

Zoro ·

Waar gaan die familie eindig as hulle so begin – die honde, katte,muise, luise moet ook aan gestel word

Sê net ·

Voor ek my bril opgesit het lyk die arendpoot net soos ‘n piesangskil. Ek dag toe dis heel gepas die piesangskil in die wapen van ‘n piesang republiek / departement.

Wielspore ·

TMPD car sales, contact your nearest Metro Police officer for the best deal on stolen vehicles. Vehicles on demand, parts on demand, we do license and registration at an additional fee.
Cool off period required in order to locate tracking devices.
Term and conditions apply.

Theresa ·

Lekker man, lekker. Ons is mos in die posisie en ons mag mos. Gee sommer vir elkeen bevordering ook en hou hul in hul poste.

jakes ·

Ek sal nie verbaas wees as daar binnekort by metro polisie se vakante poste geadverteer gaan word dat hulle soek bevoegde kar diewe en omkopers as n pos vereiste. Die polisie en metropolisie is vrot van kriminele.

Willie ·

Ek het geen respek vir n Metro Ploisie beampte nie.. Dis vir my n kriminele nes, met regte, baie daarvan… Dis pateties om te dink dat ons as publiek hulle moet gehoorsaam…

MetroMA ·

@ Willie – Jou veralgemening oor “geen respek vir ‘n Metro Polisie beampte” WALG my !!
maar ek glo dis seker wat die meeste van ons doen – om te veralgemeen.

Ek wens jy kan net die “VOORREG” hê om my seunskind wat ‘n metrobeampte is, te ontmoet, van aangesig tot aangesig. Jy sal beslis jou woorde dat jy geen respek het vir dié wat in die diens is terug trek !! – gewaarborg.
My kind is tans besig om te kwalifiseer en uit te passeer met sy hond in die narkotika afdeling. 6 maande se opleiding, beste lid met beste hond (nog nie eers 2jr oud nie)

Maar natuurlik is daar die uitsondering – orals in die lewe.
Net soos in die Polisie diens, is daar diegene wat ‘n amper verbete stryd voer tussen en teen die vrot appels saam met wie hulle moet werk – daagliks.

Maar hy wil !! Hy is ‘n opregte goeie poliesman, nes sy Pa en Oupa gewees het.

Ek is so trots op hom, daar is net nie genoeg woorde nie.

Dankbare en trotse trotse ma-alleen !!

Hennie ·

Metro ma dis n riem onder die hart om nog te hoor hoe ouers hulle kinders verdedig . Willie ons moet tweekeer dink voordat ons sulke uitlatings maak . Ek hoor wat jy sê daar is wesens in die mag wat die dam onder die eend uitruk en boos is ,maar ons moet maar n wag voor ons mond sit in die geval ons vingers want ons tik die gesproke woord

sweis ·

Mev,geluk dan is jou seun een in n miljoen laat hom studeer en n ordentlike werk kry ,my oupa het altyd gesê omring jou met suksesvolle mense en jy sal suksesvol wees die omgekeerde blyk hier van toepassing te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.