Metropolisie herenig verlore perde met eienaar

Lede van die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid (perde-eenheid) saam met die perde. (Foto: Verskaf)

Bedankings stroom steeds in sedert die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid (perde-eenheid) in Benoni sowat ʼn maand gelede vier verlore perde aan hul eienaars terugbesorg het.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê in ʼn verklaring die eenheid is Dinsdag wéér bedank vir hul goeie daad. Lede van die eenheid het op 10 Oktober omstreeks 06:00 inligting oor hul tweerigting-radio’s ontvang rakende vier rondloperperde wat in ʼn oop veld langs Yarrahweg wei.

Min het hulle in dié stadium geweet dat die perde aan ʼn boer in die omgewing behoort, wat onverpoos na hulle soek.

Die verlore perde. (Foto: Verskaf)

Volgens Mokheseng het die boer aanvanklik vyf perde oornag in ʼn stal aangehou. Dié perde het egter deur die nag ongesiens uit die stal ontsnap waarna een van die perde omstreeks 04:00 voor ʼn motor op die hoek van Birch-en-Yarrahweg beland het. Die boer het ʼn oproep ontvang met die nuus dat een van sy perde gevrek het. Daar was in dié stadium ook geen spoor van die vier oorblywende perde nie.

Dít totdat lede van die eenheid op die inligting gereageer en die perde later versigtig aangekeer het.

Mokheseng verduidelik dat die eenheid gemeenskapslede in die gebied uitgevra het rakende die perde voordat iemand hulle eindelik in kontak met die eienaar kon plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My Stem ·

So jammer oor die een wat dood is!!Baie bly die ander is veilig!!

JohanL ·

Dankie aan Ekurhuleni metropolisie se perde-eenheid. Goeie werk.

Sanna ·

Kan daai mense nie dalk Britstown in die Noord Kaap kom help met brand maer perde wat elke dag langs die pad loop en eet en daar nie watter langs die pad nie. Van hulle is al doodgery maar niemand tree op teen die eienaars nie. HELP,
HELP. HELP tog asb

Attie. ·

Die eienaars weet presies waar die perde loop maar los hulle dat hulle vir hulself kan sorg. Gaan vat hulle vir jou en sodra hulle lekker vet is en voer weer geredelik beskikbaar is dan daag die eienaar eenvoudig op en vertel hoe lank hy al na hulle soek, en almal is bly saam met hom, party mense is dom en ander hou hulle net dom/

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.