Metropolisie-hoë geskors

Argieffoto: tshwane.gov.za

Argieffoto: tshwane.gov.za

ʼn Senior beampte van die Tshwane-metropolisie wat vir bedrog ondersoek word, is geskors.

Johanna “Trish” Armstrong het Donderdag ʼn brief gekry waarin sy ingelig is van die voorneme om haar te skors en moes binne 48 uur motiveer hoekom sy nie geskors moet word nie. Die 48 uur het Maandag verstryk.

“Sy is met onmiddellike effek en volle betaling geskors. Die ondersoek duur voort en sy sal binnekort voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn,” het sr. supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Mahamba sê Armstrong, direkteur van navorsing en hulpbron-ontwikkeling, word ondersoek nadat sy glo dokumente vervals het om in haar posisie aangestel te word. Sy is sedert Mei 2013 in die posisie en verdien ʼn jaarlikse salaris van R704 650.

Volgens Armstrong se posbeskrywing is sy verantwoordelik vir die bestuur en oorsien van navorsing en ontwikkeling, vuurwapenbestuur, werknemers se welstand, en ander interne sake.

Armstrong word daarvan beskuldig dat sy haar verkeersdiploma en polisie-opleidingsertifikaat vervals het.

Armstrong kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babss ·

“Met volle betaling”. Dit is die bonus wat hulle kry vir skelm wees. As daar enige teken van korrupsie is moet betalings dadelik gestaak word.

Theresa ·

Lekker man lekker. Die patroon loop met almal so. Jy weet niks. Jy word aangestel in hierdie hoë pos. Die paw-paw strike die fan. Jy word geskors. Jy sit vir maande lekker by die huis en kry nogsteeds die helse salaris. (Maak seker jy bly skep tydens die skorsing). So hou dit vir maande aan en op die ou einde kom daar niks van nie en sterf ‘n stille dood. Bam!! Dis lekker man lekker!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.