Metropolisie keer rowers aan in Centurion

Beamptes van die Tshwane-metropolisie. Argieffoto: Facebook

Beamptes van die Tshwane-metropolisie. Argieffoto: Facebook

Twee verdagtes verskyn Maandag in die hof nadat metropolisiebeamptes van die Tshwane-metro hulle in Centurion in hegtenis geneem het in verband met ʼn sakeroof.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het Sondag gesê die inhegtenisnemings is in Olievenhoutbosch gemaak.

“Die beamptes het Vrydag die omgewing gepatrolleer toe hulle op vier verdagtes afkom wat besig was om ʼn onderneming te beroof,” het Mahamba gesê.

Die verdagtes het te voet op vlug geslaan toe hulle die metropolisie sien en lukraak op die beamptes geskiet. Die beamptes het teruggeskiet en een van die verdagtes in die been gewond. Dié verdagte en een van sy medepligtiges is in hegtenis geneem. Die ander verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek.

Die beamptes is nie tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Baie baie geluk ·

Baie baie geluk met jul goeie werk, veral omdat jul nie terugstaan vir misdaad en as daar op jul geskiet word nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.