Metropolisie krap kop oor tablette in stormwaterpyp

Die 1500 antiretrovirale tablette wat in ‘n stormwaterpyp gevind is. Foto: EMPD

Die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) stel ondersoek in na die oorsprong van 1 500 antiretrovirale tablette wat verlede week in ʼn stormwaterpyp in Kempton Park gevind is.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het in ʼn verklaring gesê ʼn metropolisiebeampte het inligting van betroubare bronne oor die pille ontvang en ondersoek ingestel. ʼn Plastieksak met die pille is Woensdagoggend in ʼn stormwaterpyp in Birchleigh ontdek.

“ʼn Farmaseutiese maatskappy is genader om die pille te eien en hulle het bevestig dat dit antiretrovirale tablette is wat gebruik word om MIV-pasiënte te behandel. Die pille is nie in Suid-Afrika te koop nie,” het Kgasago gesê.

Volgens Kgasago word hierdie tablette gewoonlik as ʼn bestanddeel in die onwettige vervaardiging van die straatdwelmmiddel nyaope gebruik. “Die EMPD werk nou saam met die Valke en die farmaseutiese maatskappy om ondersoek in te stel hoe die tablette die land binnegekom en in die stormwaterpyp beland het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

John ·

?.. en in die pyp beland het… hoeveel belastinggeld gaan gebruik word om so ‘n diepsinnige vraag te beantwoord? Of is iemand nou baie spyt dat dit nie meer so bruikbaar is nie… Maar ons het gelukkig mos nie meer ‘n narkotika-buro nie. Die mense was glo heeltemal net te fluks vir hul salarisse… en toe…

Alida ·

Ek hoop hulle hou net ‘n paar om toetse mee te doen en spoel die res in die drein af. Mens hoor nooit dat die goed vernietig word nie. Net soos met die wapens. Dit verwissel net hande !!!

t ·

Alida – Chemikalieë soos daardie word nie in ‘n drein afgespoel nie. Dit moet verbrand word onder streng beheerde omstandighede.

Alida ·

Of dit verbrand word of in die drein beland is dieselfde ding. Mens het verstand gekry om mee te dink. Ons sal net graag wil SIEN dat hierdie goed en die wapens vernietig word op watter wyse ookal.

cor ·

Ek hoop nie hulle krap hulle kopvelle af tot by hulle verstand nie, as jy verstand het kan jy dink dit kom via die onwettige imigrante die land in, die muil se geld was klaar daar in die pyp gelos voor aflewering en die dwelm vervaardiger moes dit net gaan haal het. Toe kry hy en n kollega seker stry oor watter deel kry wie en die een draai toe as informant.

Anoniem ·

Sindikate het al laaaaaaaaaaaankal alle “hulpbronne” geïnfiltreer om te steel wat ookal hulle vir hulle spesifieke lyn van handel benodig. EMPD het nie nodig om “kop te krap” nie.

Anoniem ·

Die tablette is beskikbaar in Suid-Afrika. Dit is ‘n kombinasie van Lopinavir & Ritonavir wat algemeen gebruik word as 2de regime vir HIV pasiënte , en op ‘n daaglike basis uitgegee word in staatsklinieke, sowel as privaat apteke. Ek is ‘n apteker van Bloemfontein en resepteer talle van die medikasie elke dag. Kgasago moet seker maak van sy feite!

wielie ·

Ag asseblief ……….. vra die pille hoe hulle die land ingekom het en hoekom dit in die stormwater pyp le. Liewe ouers dis nou regtig n mors van tyd en geld!! Vernietig die goed en kry klaar want dink julle nou regtig iemand gaan na vore kom en se ” dis myne! ” Rerig ….. hoe begin mens soek na wie dit daar gelos het? Hoe begin mens soek na hoe dit in gekom het in die land? Gebruik eerder die geld en tyd om regte kriminele vas te trek wat mense verkrag, besteel en vermoor

Theresa ·

Dis nie al wat in stormwater dreine en pype gelos word nie. Daagliks sien ek hoe plastiese houers in die langwerpige dreine langs paaie en sypaaie ingeprop word. Soveel so, dat dit so vol gestop is, dat daar nie meer kan in nie. Die Metro kan gerus ‘n afdeling skep van inspekteurs wat kan sorg dat elke voorstad se dreinaflope skoongehou word. Een so ‘n plek het nou ‘n staalmesh voor. Als sal dit moet kry. Dit neem ‘n paar dae om te sien wie bring wat waarheen en wie kom haal en laat waai daarmee. Doen dit en wen. Laat dit net en bring chaos die stede en dorpe in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.