Metropolisie maak gruvonds in motor se kattebak

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is in hegtenis geneem ná Tshwane-metropolisiebeamptes Sondagoggend op ʼn gruvonds in ʼn kattebak van ʼn luierende motor afgekom.

AO Johan van Dyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 08:00 in Montanapark in Pretoria plaasgevind toe ʼn wit Jetta ʼn padteken getref en in die middel van die pad op ʼn verkeerseiland te staan gekom het.

Dit het op die hoek van Sefako Makgathorylaan en Calliandrastraat plaasgevind.

“Lede van die publiek het nader gegaan. Die motor het nog geluier, maar die bestuurder was nêrens te vinde nie. Hulle het toe die metropolisie ontbied en die motor is deur metrobeamptes deursoek – dit is toe dat hulle ʼn man se liggaam in die kattebak aangetref het.”

Van Dyk het bevestig dat die slagoffer, ʼn 53-jarige man, se hande vasgebind was en dat hy vol bloed was. Sy familie is reeds in kennis gestel. Van Dyk wou egter nie onmiddellik die oorledene se naam bekendmaak nie.

Die oorsaak van die man se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bevestig word.

Die SAPD is ook na die toneel ontbied en het begin met sy ondersoek. “Die leidrade het ons gelei na Kameeldrift waar een verdagte in hegtenis geneem is. Die polisie het ʼn tweede verdagte ook ondervra, maar hy is vrygelaat omdat hy nie in dié stadium met die moord verbind kan word nie.”

Volgens Van Dyk is die polisie op soek na nog ʼn verdagte.

“Die moord is in Kameeldrift gepleeg en die lyk is van daar af vervoer. Die nadoodse ondersoek sal aandui wanneer presies die man vermoor is.”

Die verdagte sal Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pieter ·

Dit is hoeveel n lewe werd is in hierdie piesang republiek met sy afwesigheid van wetstoepassers ,korrupte howe en oorvol tronke.

Kannaland ·

Die ANC is n beweging van moord en misdaad, en die hele wereld begin dit besef.

Ekke ·

Was dit ‘n bekende persoon …. MPD het hom duidelik uitgeken ???

Koos de Meyer. ·

Sisulu moet die skille van haar oë af haal en ophou om vir die buiteland te lieg. Elke dag lees ons van moorde. As jy jou self verdedig is jy ‘n rassis. Nog nooit in ons land het dit so gegaan nie. Afrivorum word gekritiseer maar hulle lieg nie vir die buiteland nie. Hulle verkondig geen onwaarhede soos wat sy wil te kenne gee nie.

Piet ·

Die moord en doodslag in hierdie land het die hoodste vlakke denkbaar bereik. Dit is ongelukkig nie moontlik om die situasie te verbeter nie, want niemand wil erken wie vir misdaad verantwoordelik is nie. Lesers op hierdie blad sal gewoonlik statestieke aanhaal wie die slagoffers is, maar hulle wil nie se deur wie die misdade gepleeg word nie. Dit was al gepubliseer dat burgers van sommige lande plofstof gebruik en baie van ‘n sekere ander land motors kaap en skere persone pleeg weer bende geweld.

Marieta ·

Genade. Het die Wit Jetta gesien en nooit kon raai van die “fonds” in die kattebak. Dit is so ontstellend om te dink ons ry daagliks tussen motors en weet nie wat broei in die motors nie… Scary!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.