Metropolisie ondersoek aanranding op afgetrede dosent

Tshwane-metropolisie. (Argieffoto)

Die Tshwane-metropolisie stel ondersoek in na van sy lede wat na bewering verlede week prof. André Thomashausen, ʼn afgetrede Unisa-dosent, aangerand, beledig en wederregtelik in hegtenis geneem het.

Awie Erasmus, raadslid van die VF Plus, het gesê sy party verwelkom die ondersoek. Thomashausen is in Irene, Centurion glo deur metropolisielede van die pad afgetrek ná ʼn aand uit saam met twee Duitse vriende. “Klagtes van aanranding, crimen injuria en intimidasie teen prof. Thomashausen is intussen in ʼn landdroshof in Pretoria teruggetrek,” het Erasmus verduidelik.

“Hierdie is die tweede voorval in ʼn paar maande waarin die Tshwane-metropolisie betrokke is. ʼn Video wat op sosiale media versprei is, wys hoe Kymie du Toit gedurende Desember verlede jaar in Pretoria uit haar motor geruk en hardhandig hanteer is. Die optrede volg glo nadat Du Toit geweier het om uit haar voertuig te klim toe ʼn lid van die Tshwane-metropolisie haar van die pad probeer druk terwyl sy na ʼn veilige plek probeer ry het.”

Erasmus het gesê hierdie beweerde “brutaliteit van die Tshwane-metropolisie” word ten sterkste veroordeel. “Sulke gedrag deur metropolisielede is onaanvaarbaar. Die keuring en opleiding van wetstoepassers in Suid-Afrika moet dringend onder die vergrootglas geplaas word om voorvalle soos hierdie te verhoed. Die VF Plus wag op die uitslag van die ondersoek waarna verdere optrede deur die party oorweeg sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

henndrik ·

Dit is net arogansie, hierdie voorvalle moet ernstig gestraf word om ‘n voorbeeld te stel, Die publiek raak bang vir die mense wat veronderstel is om hulle te beskerm

Alet ·

Ons word nie bang nie. Ons is klaar bang. Vir die polisie, metropolisie en verkeersbeamptes.

Leonie ·

Tshwane Metro beamptes is grootste rassiste wat jy kry. Hy sal seker ‘n verhoging kry vir werk knap gedaan. Regtig swak aanstellings wat deesdae by ALLE Metro Polisie kantore gedoen word. Hoop die meneertjie sien sy alie, en word afgedank en aangekla vir sy rassistiese uitlatings, maar o ja ek het vergeet, net as jy wit is is jy ‘n rasis…..

Jakes ·

Hierdie vieslike gedrag van sommige van die Metro lede gee hulle n slegte naam. Probleem is dat daar wel goeie lede is wat hul werk met n passie doen maar nou onder dieselfde kam geskeer word as die boewe wat uniforms drae. Alles kan blameer word op verkeerde aanstellings en dat die keuringsmetode ernstig aangespreek moet word. Maar begin heelbo en spoedig sal die swak skakels uitgewys word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.