Metropolisie skiet drie dood

Argieffoto (StevePB,

Drie vermeende onwettige myners is Maandagoggend naby geslote mynskagte in die Boksburg-gebied, oos van Johannesburg, tydens ʼn skietgeveg met metropolisielede doodgeskiet.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die voorval het langs Main Reef-weg naby die Angelo- informele nedersetting gebeur.

Volgens Mokheseng het ʼn lid van die gemeenskap die polisie gebel nadat ʼn groep mense gesien is wat naby die geslote mynskagte met vuurwapens in hul hande geloop het. Die EMPD se Swat- en opsporingseenhede het omstreeks 05:00 gereageer.

“Toe die verdagtes die EMPD sien naderkom, is skote afgevuur. Die beamptes het teruggeskiet en drie aanvallers, almal mans in hul 30’s, het aan hul skietwonde beswyk,” het Mokheseng gesê.

Die EMPD-beamptes het op ʼn .270-geweer, twee .303-gewere, ʼn 30-06-geweer en ʼn 9 mm-pistool beslag gelê. Daar was met al die vuurwapens se reeksnommers gepeuter.

Nog 15 verdagtes wat vermoedelik onwettige myners is, is by ʼn ou mynskag in hegtenis geneem. Volgens Mokheseng is lede van die SAPD tans op die toneel om ondersoek in te stel.

Die verdagtes word by die Boksburg-polisiestasie aangehou en sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige mynbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Eugene

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

TvA ·

Ek het nog nooit van ‘n “306-geweer” gehoor nie. Is dit nie dalk ‘n 30.06 nie?

Tania Heyns ·

Dagsê TvA

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

zoom zoom ·

Ek is Bly Om Te sien die sapd begin hulle werk ernstig opneem. Dit is goeie nuus. Dankie MM

Fielies ·

Daar bestaan nie iets soos n .306 geweer nie. Seker n 30-06 of .308?

Tania Heyns ·

Dagsê Fielies

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Trots Afrikaans

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Mike Kaapstad ·

Sjoe ek wonder of hulle die gewere gebruik om te grou in die myn of skiet hulle die goud uit,is ernstige vuurwapens daai………

Mike Stander ·

MM, dis òf a .308, òf a 30-06 kaliber vuurwapen [geweer].
.306 bestaan nie kommersiëel nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Mike

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Willie ·

Die wapens moet n herkoms he…klink soos boere se gewere, as mens die kaliber lees…

Antjie ·

Bravo, EMPD! Ek hoop SAPD leer nou mooi: Enigiemand wat op ʼn betreding gewapen rondloop, het geen goeie bedoelings met die wapen nie, en moet uit self-
en ander se verdediging ten minste geïmmobiliseer word. Kla tussen die publiek, sou dit nie deur SAPD so hanteer word nie, asb! Tweedens, sal ons as publiek ook waardeer indien daar deegliker ondersoek word na die oorsprong van hierdie wapens, ten minste omdat dit waarskynlik met verskeie gewapende rowe op kwesbare witmense verband hou. Dus, namens my eie tribe, nóg ʼn bravo! Dis nie net ons witmense wat met jul streng houding baie meer tevrede is nie. Wys ons alle vredeliefhebbers in hierdie land julle gee vir ons om, asseblief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.