Metropolisie steek eers stokkie voor #ZumaMustFall-veldtog

Foto: www.america.aljazeera.com

Foto: www.america.aljazeera.com

Die Johannesburgse-metropolisie (JMPD) het ʼn aanvanklike versoek van Section27 om Woensdag ʼn optog in Johannesburg te hou om pres. Jacob Zuma se bedanking te versoek, geweier.

Mark Haywood, uitvoerende direkteur van Section27, het gesê die JMPD het Maandag hul versoek om ʼn optog te hou van die hand gewys “aangesien spesiale toestemming nodig is vir die optog”.

Volgens Haywood het hulle dit oorweeg om die JMPD hof toe te vat. “Hul rede vir die weiering is omdat die Nelson Mandela-brug waar die beplande optog sou begin, ʼn erfenisterrein is.”

Haywood het gesê hulle het Dinsdag ʼn foonoproep van die JMPD ontvang waarin ‘n vergadering versoek is. Volgens Haywood hoop hulle om tot ʼn vergelyk te kom sonder om hulle tot die hof te wend.

Verskeie optogte word vir Woensdag in onder meer Kaapstad, Pretoria en Johannesburg beplan om Zuma se kop te eis.

Die #ZumaMustFall-beweging het in die afgelope week momentum gekry ná Zuma se afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies, die aanstelling van David van Rooyen, wat die Merafong-munisipaliteit in 2009 onder ʼn donker wolk verlaat het en die heraanstelling van Pravin Gordhan, wat dié pos tussen 2009 en 2014 beklee het.

Dié rondvallerye het nie net die rand laat steier nie, maar ook sakevertroue in Suid-Afrika ʼn gevoelige knou toegedien.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GES ·

Gaan ons ooit van die man ontslae raak? Dit gaan ‘n wonderlike dag wees as dit gebeur.

GJ ·

Ons kan bid en vir die Here vra om die geldgierige en hebsugtige konings te onttroon.

JC ·

Mark Heywood is n groot anti-Afrikaner. Sy organisasie veg graag Afrikaans in skole.

Pieter.v ·

Natuurlik sal die metro polisie die optog stop hulle word deur die anc beheerde Johannesburg metro raad betaal as dit die anc vroue liga was wat vir n korrupte Zuma sou loop sou die versoek toe gestaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.